05
Oct
09

Wyk, Satan!

5 Desember 2008

Ek beleef vandag weer een van my gemoedsbekakkings.  Dis so lelike woord, maar die een wat die donker wolk om my kop die beste beskryf.  Die ousie het ‘n uur laat ingekom, maar wou (en het) vier ure vroeër geloop.  Middagete was ‘n heksebrousel van hoendervelle, varkworsies en beesvleisstukkies versteek in kekerertjies bo-op ‘n hoop slap pasta.  Boeremans wat aand na aand sit en suip maar nie hul ‘tabs’ betaal nie.  ‘n Naboompie wat deur die bouers moer toe getrap is.  ‘n Russiese vroutjie wat my koeltjies inlig dat ons Boere nog steeds ‘n ‘attitude’ het, vandaar al ons probleme in Afrika.  En, om die prentjie ‘n nog donkerder kleur grys te gee, is ek midde-in die Paranoïese, Mistroostige Sindroom.

Dan kom daar ‘n sonstraal.

Iemand wat ook haar kwota swaarkry en ellende het, maar nogtans hoop en liefde verkondig.

Dankie, Pik.  Toe ek vandag sukkel om uit die moeras te kom, het die gedagte aan jou  en jou geskenkie my weer laat dankbaar voel.

preview1


0 Responses to “Wyk, Satan!”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: