05
Oct
09

Nog ‘n aand in die kroeg

Hy kom park sy stoeltjie reg voor my.  Daar is net drie customers oor in die kroeg.  Die ander twee gesels werk eenkant in ‘n hoekie.  Dis laataand, maar bedompig en warm.  Die dakwaaiertjies staan nie ‘n kans teen die dik humiditeit in die lug nie.

“Jy weet, my liefling.”  Hy bly ‘n paar sekondes lank stil terwyl hy deur skrefies-ogies na die toonbank staar.  “Jy is ‘n baie mooi vrou.  Ek hou jou mos dop as jy hier rondloop.  Mooi gat, mooi…”  Hy maak ‘n uurglas-beweging met die hande.  Tuur weer na die toonbank, sweet hardloop teen sy slape af.

Ek wag.  Die afgelope uur moes ek na dieselfde storie luister.  Daar is geen punt agter die gesprek nie.  Soos ‘n hond wat sy stert jaag:  al in die rondte, al in die rondte.  Hy staan op en vou sy hande oop en toe, amper soos ‘n predikant wat by sy gemeente pleit.

“Ek vra jou net mooi.  Ek vra jou asseblief. ”  Weer stilte.

Kyk na jouself.  Na jou…”  Weer ‘n uurglasbeweging.  Ek staar hom stom aan.  Waarna moet ek kyk?

Kyk na jou vroulikheid.”  Stilte.  Ek begin selfbewus voel oor die afgechipte rooi cutex op my toonnaels.

“Jy loop hier rond, in die warm son.  Oor vier, vyf, ses jaar, dan gaan jy spyt wees.  Die son maak ‘n ou oud, jy weet.”

Ek haal my skouers op.  So what?  Ek gaan verseker nie met ‘n breërandhoed rondloop nie.  Òf uit die son bly nie.

“Nee!!”  Hy wys ‘n PW-wysvinger vir my.  “As jy nie oppas nie, oor ‘n paar jaar, dan sê jou man “sorry, ek soek jou nie meer nie”  Dan gaan jy onthou wat ek vanaand hier vir jou gesê het.”

Ek vererg my ligtelik.  My man is elf jaar ouer as ek.  As hy oor vyf jaar dink hy gaan ‘n beter proposisie êrens anders kry, maak hy ‘n fout.  Jare haal nie net vrouens in nie.  Ek sê dit vir ou Pestilensie.

Hy draai sy kop skeef, trek sy mond op ‘n beterwetige plooi en tik sy wysvinger op die toonbank.  “Watch.  Wait and see.”  Knik sy kop so asof hy die toekoms kan insien.

Vyf minute later bied hy sy hulp in die kroeg aan.  Not te tiekie, dink ek by myself.  Nie vir jou wat altoos probeer om ongesiens ‘n knertsie whiskey in te gooi nie.  By wie ek sukkel om $150 te kry vir ‘n maand se gesuip op die boeke.

“En as jy sukkel om geld uit die manne te kry. Èk sal  dit vir jou uit hulle kry.”

Fok

Ek pes ou bierpens suiplappe.


0 Responses to “Nog ‘n aand in die kroeg”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: