05
Oct
09

Kroegpraatjies

1 Desember 2008

Genade.  Hier bevind ek my in ‘n vreemde posisie:  ek is tot 11 Desember die kroegmeisie.  Elke middag van 5 tot 10 (wat nader aan middernag is), staan ek agter die toonbank van die Imbondeiro Bar.  Ek het darem ‘n assistent, Beatriz.  Gawe meisie, maar ek verwens my treurige Porra as sy klik-klak staan en kougom kou en bubbles blaas tot dit pop.

Hierdie is nou ‘n ander ervaring.  Ek ken dronk mans, maar ‘n klomp dronk mans saam…ander dêng daai.  Dit wissel van verdrietigheid oor die toestand van die wêreld, tot pittighede wat my laat giggel.  Ek vat alles met ‘n knippie sout, maar somtyds rys my hare.  Soos die (gewoonlik) besadige man wat my ‘n vratjierige ding aan sy arm wys.  En prontuit verklaar:  “Ek het nog so een tussen my hol en my knaters, maar volgende jaar laat ek dit uitsny.”   :shock:

Heiko, ‘n Duitser van ‘n naburige fabriek, vertel met ‘n treurige gesig van sy “grandfadder who died in de consentration camp.”  Skoon geskok simpatiseer ek en vra wat gebeur het.  “No, he fell off de guard tower when he was drunk.”  Vir ‘n oomblik was ek lus en klap hom.

Daar is baie tyd vir praatjies.  So het ek en Chris ontdek dat my beste tjommie op skool op ‘n stadium sy girlfriend  was.  Klein wêreld.  Dinge wat twintig jaar gelede in ‘n klein Vrystaatse dorpie gebeur het, word weer onthou in donker Angola.

Die grensoorlog word nog baie bespreek.  Hulle praat oor die seuns wat nie teruggekom het nie, en die een man vra my:  “Weet jy hoe lyk ‘n katedraal se venster?  Dìs hoe lank ‘n traan kan word.”  Drank maak saaklike mans heel poëties.

My nerwe is gedaan met al die geld wat ek moet oppas.  Te bang dat ‘iets’ met die geld gebeur, sit ek elke dag in die huis en pas geld op.  Neuroties, maar dis nie my geld nie.  Ons het nie ‘n kas of deur wat kan sluit nie.  More sit ek altwee geldboksies in ‘n coolbox en sluit hom.  Dalk kom daar dan rus vir my siel!

Maar ek kla nie.  Dis nogal pret om so na die manne te luister.  As ek verveeld is, gaan luister ek na die volgende een.  En ek hoef nie saam te praat nie.  Net luister.


0 Responses to “Kroegpraatjies”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: