05
Oct
09

Die Ontwyker

2 Desember 2008
Daar was ‘n paar goed wat ek graag wou sien voor ek eendag Angola se rooi stof van my voete skud:

Die Leba Pas –  ek het haar gesien en sy was spectacular.

leba20pass-297x25011

Die provinsie Namibe – en met stampe en stote het ons daar gekom.

Dis die moeite werd om te kliek om beter te sien...Dis die moeite werd om te kliek om beter te sien…

Die Calandula watervalle – dit was asemrowend.

malange-177-copy1

Die swart klippe van Pungo Andongo – dit het ons klein laat voel.

malange-267-copy

Die laaste een ontwyk ons.  Die grootste kremetart in Afrika. Or so they claim. Dit word genoem in al wat reispamflet is, maar geen foto of hoe om daar uit te kom nie.  Diè reus is in Cunene, in Suid-Angola.  Die enigste ander brokkie inligting wat uitgelek word, is dat dit by Xangongodo in die Peu Peu distrik is.  Ek kry wraggies nie ‘n Xangongodo op die kaart nie.  Peu Peu feature ook nêrens nie.  So, ek vermoed, let wel, vermoed, dat dit Xangongo moet wees, ‘n dorp wat wel bestaan.

Na letterlik weke se kopkrap, het ek vanaand ‘n (klein) jackpot geslaan.  ‘n Fototjie van die kremetart.

gse_multipart6161611

Ek hoop die blogger sal my help met aanwysings.  Dis ‘n bloomin’ ver ent om clueless agter ‘n boom aan te ry.  ‘n Oudsoldaat het genoem dat hy ‘n massiewe kremetart in Angola gesien het, maar kon onthou waar nie.  Miskien is daar nog grensvegters wat dit opgemerk het…en onthou presies waar dit was?


0 Responses to “Die Ontwyker”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: