05
Oct
09

Afrika-storie

25 November 2008

Net toe ek terugsit en dink ek kan nie meer geskok word nie, kom daar vandag  ‘n storietjie oor my pad wat my los met net een begeerte:  om dit met soveel moontlik mense te deel.  Ek het nie die guts (of vermoë) om dit na Engels te vertaal nie, maar ek reken Hollywood sal spring om ‘n fliek te maak hiervan.  Daar is iets van alles verweef in hierdie verhaal:  humor, spanning, liefde, tragedie.  En aan die einde het dit my gelos met die besef dat daar wraggies niks ‘toevallig’ gebeur nie.

Ek het die Ebo-storie gesteel by  Tolla Lombard van die die Flat White Snot Blog.  Nà ons besoek aan Ebo verlede week, het ek hom genooi om die foto’s te kom kyk.  Hy het hierdie comment gelos:

As jy my storie oor die 4 manne van Ebo geniet het sal jy die Lopes storie ook waardeer. Dis n ware storie wat met my gebeur het. Probeer op Menengue uit kom eendag. Daar le nog grafte wat wag vir rooi blomme!! Sommer n groot arm vol.

Ek hèt gaan lees.

As jy nou net by die werk gekom het en net vinnig blogs wil lees en waai…hou eers verby.  Dis weereens ‘n storie wat tyd en rustigheid vra.  Kom lees hom in jou etensuur, of vanaand as die bloedjies in die bed is…maar lees hom net!!
Die Lopes storie

Ek en manlief het klaar die padkaart onder oë gehad.  As die Here ons spaar, kom vertel ek julle eendag van ons besoek aan Menongue.


0 Responses to “Afrika-storie”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: