01
Oct
09

The natives are restless

22 November 2008

Die fabriekwerkers het gestaak.  Omdat dit maar die derde of vierde staking in Angola se geskiedenis is, het dit die hoofnuus gehaal.  Verslaggewers, tv-kameras, die hele toet.

Die Angolese het egter nog baie om te leer van hul Suid-Afrikaanse boeties.  Niks getoyi-toyi nie.  Die klompie sit teen die walle langs die pad wat na die fabriek lei.  As een iets skree, skree die ander saam.  Soms sal een begin hol na ‘n kant toe, en dan hol die hele lot saam.  Maar meeste van die tyd sit hulle teen die walle asof hulle in ‘n opelug teater is.

Vir die eerste keer het ek effens onveilig gevoel.  Die komplekshekke is vir die eerste keer gesluit.  Met ‘n ketting en twee slotte.  Skielik was ons veiligheid buite die hekke nie meer vanselfsprekend nie.  Intussen het ons kosvoorrade uitgedun na gevaarlik min.  Ons het snaakse kos begin eet, enigiets om ‘n hol kolletjie toe te maak.  Van voorrade aanvul, was daar nie sprake nie.  Om die situasie nog meer benard te maak, is die spyseniers nie altyd toegelaat om kos te kom af lewer nie.

Die kersie op die koek was toe die internet die gees gee.  As gevolg van die staking kon die IT-outjie nie inkom om die ding te ‘reset’ nie.  Dit was Maandag.  Woensdag was die staking verby, maar ons was al lekker gatvol.  Ons lorrie, 44, is nog in vir herstelwerk, maar Joe het goedgunstiglik sy Hilux aan ons geleen.  Ons het beplan en gepak en die pad gevat.

Ons het vanaand teruggekom.  Dit was regtig ‘n fantastiese paar dae.  Ek sal later meer daaroor skryf.  Die internet is darem aan, maar soos in baie #$%^$%^ stadig.  Ek’s nou so moeg soos ‘n hond, en gaan die bed beslis met ‘n slag tref.  As ek weer soos mis voor die son verdwyn…dis die blessitse internet…


0 Responses to “The natives are restless”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: