28
Sep
09

Hulpkreet

6 November 2008

Sedert gister huppel ek op ‘n pienk wolkie.  My hart is lig, en voel sterk en onoorwinlik en ek tel weer slapies af.  Ons het besluit om die AA (Aaklikge Angolese) ‘n toffie te gooi.  Volgende Vrydag vlieg ek na my liefie toe.  In die middernagtelike ure het Nelba met haar Oranje Ballon my egter sonder  ‘n ‘chute (ek het geweet ’shoot’ klink net nie reg nie!) laat aarde toe val.

Mense, liewe mense, ek kan nie bak nie.  Dis nou regtig die een ‘vroumens-ding’ wat ek nie kon baasraak nie.  Saam met hekel en brei.  Al my vorige pogings het soos roadkill gelyk.  Plat en onherkenbaar.  Om die kersie op my (non-existing) koek te sit, is die maak èn aanwending van icing iets wat ek nie kan ‘kop’ nie.

‘n Paar jaar gelede het my dogter se skool my tot die uiterste beproef.  Elke ma moes ‘n koek bak en ‘n tafel versier rondom die tema van genoemde koek.  Akkomoderende ma wat ek is, laat ek Jeannie besluit wat die tema van die koek moet wees, en sy besluit dit moet Hansie en Grietjie se lekkergoedhuis wees.  Great, dog ek, dit gee my ‘n verskoning om nie regtig ‘n koek te bak nie.  Ons maak ‘n oulike huisie uit bokse, en gaan koop genoeg marsipein, Smarties en Jellytots om enige Hansel en Gretel lank besig te hou.

Die gesigte spreek boekdele...Die gesigte spreek boekdele…

En so begin ons bou aan die mees fantastiese lekkergoedhuis.  Ons sukkel.  Net as dit lyk of ons die hele huis van bo tot onder bedek het met marsipein, sak die hele gedoente neer op die huisfondamente.  Uit radeloosheid bel ek my skoonsus en verduidelik my penarie.  Sy gee my ‘n “flatervrye” icing reseppie en ons begin weer.  Die marsipein ‘plastering’ word verwyder en ons probeer die icing opplak.  Laat ek maar net afsluit en sê ons het teen so 12uur daardie aand besluit dat ek eerder my sak sal moet ruk en alles gaan koop vir die tafel. Koek ingesluit.

Die probleem:  Pieter word 5 jaar oor presies twee weke.  Vir die eerste keer is hy groot genoeg om te weet van verjaar, partytjie, koek, ballonne, presente, koek, koeldrank, swieties, koek…  Die plan was om vir hom ‘n snazzy koek te bestel by ons plaaslike tuisnywerheid.

Nou gaan ons tuisnywerheidlose Angola toe.  Ek het gereken om ‘n “boks-koek” te koop en saam te vat.  Dit behoort sonder probleme gebak te kom?  Dis met die versiering van daai koek wat ek baie hulp nodig het.  Iets soos Icing for Dummies. Of Cake decorating for Toddlers.

Hoor tog my noodkreet aan…


0 Responses to “Hulpkreet”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: