28
Sep
09

Gesoek: geskikte teef

11 November 2008

Hierdie storie het my laat grinnik.

Chris is ‘n vreeslike rustige en besadige mens.  Ek het hom nog nooit kwaad gesien nie, maar ek vermoed hy sal soos ‘n landmyn ontplof as jy sy moer suur maak.  As hy praat, is dit op ‘n afgemete manier.  Niemand is onder enige wanindruk as Chris klaar gepraat het nie.  Hy   maak   doodseker   jy   verstaan  hom  100%   persent.

Hy vertel dat hy op ‘n keer ‘n opregte een-of-ander reun gehad het.  (Die ras ontgaan my nou.)  Hy wou dolgraag babatjies van die hond gehad het, maar kon nie ‘n geskikte teef kry nie.  So gaan sy soektog voort.  Eendag, na werk, gee sy vrou hom ‘n telefoonnommer en sê dat diè mense ‘n teef het wat toevallig ook  op hitte is.

Chris stap slaapkamer toe, gaan sit op sy bed en trek sy skoene uit.  Baie in sy skik dat hy uiteindelik ‘n teef in die hande gaan kry, skakel hy die nommer sommer daar en dan.  Heeltemal onbewus van sy vrou en skoonsuster wat met ingehoue asems in die gang staan en luister.

‘n Vrou antwoord.  Chris, met sy goeie opvoeding en duidelik stemtoon:  “Goeienaand dame.  My naam is Chris du Toit.  Ek verstaan u het ‘n teef op hitte beskikbaar?”  Die vrou gee een groot swetswoord en gooi die foon in sy ore neer.  Chris sit terug, vee die sweet van sy voorkop met sy sakdoek af, en bekyk die telefoon.  Haal diep asem en skakel weer.

“Eh, dame, ek weet nie wat die probleem is nie, maar ek skakel in verband met ‘n teef wat u geadverteer het?”  Ek glo nie hy het ooit ‘n antwoord gekry voor die telefoon weer neergeplak is in sy ore nie.  Dis toe dat sy vrou en skoonsuster uitbars van die lag.

Hulle het die nommer van ‘n ‘escort agency’ vir hom gegee.


0 Responses to “Gesoek: geskikte teef”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: