27
Sep
09

Zululand Stories

28 Oktober 2008

Ek’s ‘n girl van die Vrystaat, en van Zululand en sy geskiedenis weet ek niks.  Tog interesseer die geskiedenis van plekke waar ek kom, my baie en ek doen moeite om meer daaroor uit te vind.  My ma het ‘n oulike boek,  Zululand true Stories 1780 – 1976 deur J. C. van der Walt.  Ek het so bietjie daardeur geblaai, en die een storie wat dadelik uitgespring het, was die een oor Huberta, “the wandering hippo”.  Dis ‘n fassinerende storie oor hoe sy oor ‘n tydperk van amper 3 jaar 900 km afgelê het voor sy uiteindelik ‘vermoor’ is.  Gaan lees gerus by Chessalee meer oor haar.  Dis die moeite werd!  Gedurende 1931 het Brittanje, Kanada en die VSA Huberta beskou as “a symbol of hope in darkest Africa and The Greatest International Figure South Africa has yet thrown up.”  (Oukei, dit was baie, baie lank voor Charlize!)

Nog ‘n verhaal wat my eintlik verbaas het, is die een oor John Ross.  Almal weet van hom, nie waar nie?  Wel, sy naam was eintlik Charles Rawden Maclean, ‘n Skot wat as jongeling weggehardloop het van die huis en die naam John Ross aangeneem het.  ‘n Gedenksteen by die Ou Fort in Durban som sy prestasie sò op:

“This tablet commemorates John Ross.  A lad of 15 years of age who in 1827, braving the perils of an unexplored land inhabited by unknown people and abounding in wild animals walked with great courage from Port Natal to Delagoa Bay and back (a distance of 600 miles) in order to obtain sorely needed medicines and other necessities for the handful of pioneers at the Bay of Natal.”

In 1824 is baie wit handelaars gelok na Natal deur vooruitsigte in handel met ivoor, moontlik slawe, sowel as goud.  ‘n Geselskap van 36 mans, (Hollanders, Duitsers, Franse, Dene en 3 Engelsmanne) het met die skip Mary Port Natal ingevaar.  Ongelukkig het die skip in September 1825 geskink.  Al die bemanning het oorleef, insluitend  John Ross.  (’n Luiperd het egter een opgevreet tydens sy eerste nag aan wal.)

Hulle was verras om verwelkom te word deur Rachel, ‘n Engelsprekende Hottentotvrou.  Sy het hulle van kos voorsien en hulle verseker dat hulle beskerming sou geniet as ‘onderdane’ van Shaka, koning van die Zulu’s.

Daar is besluit om die skip te herstel.  Die proses het twee jaar geneem, en Koning Shaka het hulp en bystand aangebied.  Talle Zulu vrywilligers het gehelp bou aan die skip, en sodoende is die skip herdoop na “Shaka”.

Dit was ook Shaka se idee om ‘n ekspedisie te stuur na Delagoabaai om benodighede vir die “Shaka” asook mediese voorraad te kry.  Chief Langalibalele was in beheer van 30 soldate wat John Ross sou vergesel.  Die Portugese en Franse slawehandelaars het John Ross vriendelik ontvang en al sy benodighede aan hom gegee vir ‘n skamele twee dollars.  Dit is hoe John Ross in Suid-Afrika bekendheid verwerf het.

Daar is egter ‘n ander kant van die storie waarvan ek nie geweet het nie.  In die drie jaar wat John Ross by die Zulu’s gebly het, is geen matroos ooit leed aangedoen nie.  Die Zulu’s was hulle net goedgesind.  John Ross se aanvanklike vrees vir die Zulu’s is vervang met bewondering en ‘abiding love’.

In later jare het hy ‘n vurige kampvegter vir Swart bevryding geword.  Hy het slawerny beveg met ‘n passie. Nie net in Afrika nie, maar ook in die Amerikas.  In 1838 help hy met die bevryding van slawe van die St Lucia Eiland.   Hy het talle artikels geskryf oor menseregte.  Oor die Zulu’s het hy geskryf:

“I owe the Zulu a lot of debt of gratitude that leads me to wish and to hope my countrymen will exercise that mercy and kindness towards them which I experienced at their hands in the day of their rule.”

Charles Rawden Maclean sterf op 13 Augustus 1880 op die ouderdom van 65, aan boord die “Larne”.  Hy is begrawe in ‘n ongemerkte graf in die Old Cemetry, Hill Lane, Southampton.

Naskrif:  Die Fraserburgh Heritage Centre in Skotland is besig met ‘n fondsinsameling om ‘n gedenkplaat vir “John Ross” op te rig by sy graf in Southampton.

Southampton CemeterySouthampton Cemetery


0 Responses to “Zululand Stories”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: