27
Sep
09

Wag is nie lewe nie

3 November 2008

Vanaand gaan ek vir ‘n slag ‘n vroeë aandjie vat.  Ek is moeg en siek en sat en gedaan.

Vandag het Ding gevra:  Is wag doen? Ek het hom met die gewone smilies en grappies geantwoord, maar dis hoe my lewe is.  Dellie het nou die dag gevra: 

3 November 2008

Het jy ‘n lewe? Nee, is my patetiese antwoord.  Ek het nie ‘n lewe nie.

Ek het die “pause”-knoppie in Mei gedruk toe ek teruggekom het Suid-Afrika toe.  Ek versorg kinders, maak huis skoon, kook ‘n bietjie en gaan slaap.  Ek het net kontak met my kinders en my ma en af en toe my ma se irriterende vriendin.  Ek het geen begeerte om ou vriendinne op te soek en te kuier nie.  Ek het geen begeerte om vir familie weer te sien nie. Ek stel belang in niks en niemand nie.

Dis abnormaal en ongesond.  Ek weet.  Ek gee nie regtig om nie.

My lewe wentel om my man.  Die “play”-knoppie word weer gedruk as ons bymekaar is.

Hierdie lewe dreineer my.  Aan die een kant voel ek sleg omdat ek my kinders verwaarloos as ek nie hier by hulle is nie.  Aan die ander kant…wat is die punt om jouself “getroud” te noem en julle sien mekaar net 6  uit 52 weke?

More is daar weereens ‘n moontlikheid dat my man sy paspoort sal terugkry.  Ek wil nie eens my hart daarop sit nie.  Ek is moedeloos.  Sonder moed.  Daar was al te veel teleurstellings.

En nou gaan ek slaap.  Hopelik het die donker wolk verkas as ek my oë weer oopmaak.  Maar ek weet: die enigste een wat sonskyn vir my bring, is nie hier nie.

Ns.  Moet dit nie eers sê nie.  Ek weet more gaan ek my hare uit my kop trek oor hierdie stuk selfbejammering.


0 Responses to “Wag is nie lewe nie”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: