27
Sep
09

Protected Blog

28 Oktober 2008

Gisteraand droom ek dat ek as akteur ‘gecast’ word in ‘n tv-reeks.  Dis ‘n reeks, maar dis eintlik realiteits-tv.  Of regte lewe.  Drome is mos maar deurmekaar!  In elk geval, in ‘n loslip-oomblik praat ek en die hoofrol-meisie oor blogging, en so kom dit uit dat sy ook by WordPress blog.  Sy deel met my haar blognaam, en ek voel so oorstelp van vreugde dat ek uiteindelik ‘n ‘blogvriendin’ ontmoet, dat ek haar ook vertel wie ek is.  Groot fout.  Dadelik dink ek aan alles wat ek al geskryf het, en vir ‘n oomblik oorweeg ek dit om my blog te delete.  Maar dit voel na moord, en ek besluit om my blog “Protected” te maak.

Vanoggend toe ek wakker word, kon ek vir ‘n verandering die droom onthou.  En ek kan verstaan hoekom ek daaroor gedroom het.  Protected blogs.  Gister het ek op ‘n paar blogs gekliek, en ewe skielik was hulle “Protected”.  Ja, gister het ek baie oor protected blogs gewonder.

Hoekom is ‘n blog vir maande oop vir ieder en elk, en ewe skielik nie?  Ja, dalk vat die blogger net ‘n breek, maar is dit nodig om die inhoud ook te laat rus?  Hoekom nie net ‘n posting opsit wat verduidelik nie?

Aan die een kant maak dit my vreknuuskierig.  Wat kan so privaat wees dat jy dit moet ‘protect’?  Staatsgeheime? Abuse?  Aan die ander kant voel dit asof ek alleen uitgesluit  word.  Ja, ek weet dis sommer net vervolgingswaansin van my kant af, maar ek kan nie help as ek vir ‘n sekonde of twee so voel nie!  Hoekom kan ek vir maande ‘n blog besoek, en op ‘n dag is ek verban na die donkerste plek van die heelal?!

En dan, ewe skielik, is die blog weer oop.  Ek soek na tekens van staatsgeheime of tekens van ‘n bloggeveg, maar kry niks.  En ek hou aan wonder.

Hoekom maak mense hul blogs “protected”?


0 Responses to “Protected Blog”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: