27
Sep
09

Chimp Heaven

3 November 2008

Ek het gisteraand vasgenael gesit voor Carte Blanche.  DIe insetsel oor Escape to Chimp Eden my hoendervleis gegee.  Dis ‘n bekende feit dat ek nie ‘n ‘animal lover ‘ is nie, maar hierdie is vir my so spesiale storie.  Van ‘n jong Suid-Afrikaanse man wat amper toevallig ‘n held geword het.  Hy red sjimpansees in gevangenskap, regoor die wêreld.

Die insetsel het begin in Luanda, en ek was sommer hoendervleis.  Vir jare sit ‘n chimp in ‘n traliehok sonder skuiling teen son en reën by ‘n bekende restaurant.  Mense gee hom drank en sigarette.  Vir my was hy ‘n tragiese sight.  (Ek moeg bieg, ek het gedink dis ‘n gorilla!  Manlief het my reggehelp!)  :oops:

Dit was egter nie ‘my’ chimp wat gered is nie, maar Josephine wat in ‘n toe vraghouer (container) sonder enige sonlig vir 18 jaar gelewe het.  Sy sou binnekort doodgeskiet word, want die drukkery waar sy gebly het, is verkoop en niemand het geweet wat om met haar te doen nie.

JosephineJosephine

Dis vir my vreeslik dat ‘n dier vir 18 jaar in sulke omstandighede aangehou kan word.  ’n Sjimpansee is ‘n sosiale dier en geneties nader aan die mens verwant as aan ‘n gorilla.

Escape to Chimp Eden begin volgende Donderdag, en dis een program wat ek nie gaan mis nie.  En hopelik kom my chimp volgende aan die beurt…


0 Responses to “Chimp Heaven”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: