27
Sep
09

An unlikely candidate

5 November 2008

Ek volg nie die Amerikaanse verkiesing nie.  Ek weet wie Sarah Palin is, en ek weet dat Barack Obama heel waarskynlik Amerika se eerste ’swart’ president gaan wees.  Die belangstelling ontbreek om uit te vind presies waarvoor elkeen staan!

Ek het ook gehoor dat Barack Obama se pa ’n Keniaan was.  Daai storie agter die storie interesseer my baie.  Ek het bietjie met Google gaan speel, en hy het regtig nie ‘n konvensionele kindertyd gehad nie.  Sy ma, ‘n wit Amerikaanse vrou van Kansas, het sy pa in Hawaii ontmoet waar hulle albei studeer het.  Sy ouers is uitmekaar toe hy twee jaar oud was, en later is hulle geskei.  Sy pa is terug Kenia toe en het sy seun net eenkeer weer gesien voordat hy in 1982 in ‘n motorongeluk oorlede is.

Barack en sy maBarack en sy ma

Obama SeniorObama Senior

Na haar egskeiding het sy ma, Ann Dunham, met ‘n Indonesiër getrou en ‘n babadogtertjie gehad.  Obama het in Jakarta gebly tot hy 10 jaar oud was, en toe by sy ma se ouers op Honolulu  gaan bly totdat hy klaar gemaak het met skool.  Sy ma het in later jare teruggekeer na Honolulu en in 1995 is sy oorlede aan ovariale kanker.  Sy ouma, aan wie hy blykbaar baie geheg was, is gister oorlede.

Saam met sy grootouersSaam met sy grootouers

Ek kan verstaan dat die Keniane so opgewonde is oor moontlike presidentskap vir Obama.  Hy is mos half “African”.  Van Afrika.  Op ‘n snaakse manier maak dit my ook bietjie opgewonde.  As hy verkies word, het die amper onmoontlike gebeur.  ‘n Swart man word leier van die magtigste nasie op aarde.

Wil gedoen wees.


0 Responses to “An unlikely candidate”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: