Archive for September 23rd, 2009

23
Sep
09

Is jy koekig?

23 Oktober 2008

‘n Bietjie ligte vermaak om die gemoed op te helder!  :lol:

Ek is ‘n Lemon Meringue soort mens.  En jy?

If all of the eight desserts listed below were sitting in front of you,

which would you choose (sorry, you can only pick one)! Trust me…this

is very accurate. Pick your dessert, and then look to see what

psychiatrists think about you.

Here are your choices:

1. Angel Food Cake

2. Brownies

3. Lemon Meringue Pie

4. Vanilla Cake with Chocolate Icing

5. Strawberry Short Cake

6. Chocolate Cake with Chocolate Icing

7. Ice Cream

8. Carrot Cake

No, you can’t change your mind once you scroll down, so think carefully

about what your choice will be.

OK – Now that you’ve made your choice, this is what the researchers say

about you…

SCROLL DOWN—

1. ANGEL FOOD CAKE –

Sweet , loving, cuddly. You love all warm and fuzzy items. A little

nutty at times. Sometimes you need an ice cream cone at the end of the

day. Others perceive you as being childlike and immature at times.

2. BROWNIES –

You are adventurous, love new ideas, and are a champion of underdogs and

a slayer of dragons. When tempers flare up you whip out your saber. You

are always the oddball with a unique sense of humor and direction. You

tend to be very loyal.

3. LEMON MERINGUE –

Smooth, sexy, & articulate with your hands, you are an excellent

caregiver and a good teacher. But don’t try to walk and chew gum at the

same time. A bit of a diva at times, you set your own style because you

do your own thing. You shine when it comes to helping others and have

many friends.

4. VANILLA CAKE WITH CHOCOLATE ICING –

Fun-loving, sassy, humorous, not very grounded in life; very indecisive

and lacking motivation. Everyone enjoys being around you, but you are a

practical joker. Others should be cautious in making you mad. However,

you are a friend for life.

5. STRAWBERRY SHORTCAKE –

Romantic, warm, loving. You care about other people, can be counted on

in a pinch and expect the same in return. Intuitively keen. You can be

very emotional at times but a true person in every way. You like to do

things for yourself and help others learn about themselves.

6. CHOCOLATE CAKE WITH CHOCOLATE ICING-

Sexy; always ready to give and receive. Very creative, adventurous,

ambitious, and passionate. You can appear to have a cold exterior but

are warm on the inside. Not afraid to take chances. Will not settle

for anything average in life. Love to laugh.

7. ICE CREAM –

You like sports, whether it be baseball, football, basketball, or

soccer. If you could, you would like to participate, but you enjoy

watching sports. You don’t like to give up the remote control. You tend

to be self-centered and high maintenance.

8. CARROT CAKE –

You are a very fun loving person, who likes to laugh. You are fun to be

with. People like to hang out with you. You are a very warm hearted

person and a little quirky at times. You have many loyal friends. You

were meant to lead and teach others. A wonderful role model.

23
Sep
09

Gebedsaak

22 Oktober 2008

My Liefie-diefie het omtrent ‘n maand gelede sy paspoort ingestuur sodat sy werkspermit hernu kan word.  Sedert verlede week bel hy hulle elke dag om te hoor wanneer hy dit sal terugkry.  Gister het die dametjie wat met die paspoorte werk self uitgery na die kantore toe.  Die papiertjies waarop die werkpermit gedruk word, is klaar.  Hulle sal kyk of hulle dit vandag kan doen.  Ek weet nie of hulle oornag papiertjies in die hande kon kry nie, maar ek hoop so.

More moet my Liefie vlieg.  Vrydagaand is dit Pieter se skoolkonsert.

Ek is moeg geworry.  Sal elkeen wat hier lees asb. net gou ‘n skietgebedjie opstuur dat die paspoort wel vandag uitgereik sal word?

Dankie

23
Sep
09

Massangano

20 Oktober 2008

Ek het in Junie oor hierdie kerk geskryf.  Sederdien het ek bietjie meer oor hom uitgevind.  Ag, ek moet regtig iets aan my Portugees doen!  Soveel feite en soms net interessante brokkies gaan verby my omdat ek nie die taal behoorlik magtig is  nie.  Die nuwe inligting het ek gekry deur met ‘n Portugees, wat ook Angolese burgerskap het, te praat, asook talle websites en blogs te besoek.  Om ‘n Portugese blog/website te vertaal na Engels en nog steeds sin daaruit te maak, is ‘n prestasie op sigself!

Die plekkie is genaamd Massangano.  Dis geleë op die oewer van die Kwanza rivier en die dorpie is vandag ‘n tipiese Afrika village.  Daar was eens op ‘n tyd ‘n teerpad, maar vandag moet mens ‘n kronkelende grondpaadjie volg om daar uit te kom.

'n Ou foto van die fort (links) en die kerk

‘n Ou foto van die fort (links) en die kerk.

Daar is ‘n fort en ‘n kerk.  Die fort is gebou in 1583, die kerk in ongeveer dieselfde tydperk.  Paulo Dias de Novais, die stigter van Luanda, het vanuit Massangano die plaaslike bevolking ‘onder beheer’ gehou, en ook slawe van die binneland met die Kwanza na Luanda vervoer.  Die Hollanders het van 1641 tot 1648 die kusgebied van Angola beset.  Gedurende daardie tydperk was Massangano die hoofstad van Angola.  Ten minste, dit was vir die Portugese die hoofstad!  De Novais is op 9 Mei 1589 oorlede en hy is begrawe by die kerk.  Sy oorskot is in die 17e eeu na Luanda verskuif, maar die monument ter ere aan hom, bestaan nog.  ‘n Grusame stukkie wat ek op ‘n blog gelees het, is dat ‘n priester lewendig begrawe is by die ingang van die kerk!

Die huidige toestand van die fort en kerk is beroerd.  Die fort is in 1996 aan UNESCO voorgelê as ‘n World Heritage Site, maar wat sederdien gebeur het, is onseker.   Al wat seker is, is dat niemand sedert Portugese bewind, enige restourasiewerk aan die kerk òf fort gedoen het nie.  By my Portugese vriend het ek gehoor dat die plaaslike bevolking nie veel erg het aan Portugese geskiedenis nie.  (Lui dit ‘n klokkie?)  Hulle argument is dat dit nie deel van hul geskiedenis is nie, en nie die moeite werd is om te red nie.

Ek was gelukkig genoeg om foto’s op te spoor van hoe die kerk in 1950, vòòr restourasie, gelyk het, en in 1972, duidelik gerestoureer en in stand gehou.

In 1950.  De Novais se monument in die voorgrondIn 1950. De Novais se monument in die voorgrond
19721972
20072007

Hartseer, hartseer, hartseer.  Tensy iemand hier gaan ingryp, gaan hierdie kerk (en fort) binnekort net ‘n hoop stene wees. Terloops, die fort is in ‘n veel erger toestand, maar dis die kerk se lot wat my veral aan die hart gryp.

Foto’s en inligting hier, hier en hier gekry, en dank aan Carlos Fernandez.

23
Sep
09

Dankie

19 Oktober 2008

Hierdie was ‘n snaakse verjaardag!

Bruce het my Woensdag herinner dat ek vandag verjaar.  Ek het sowaar as wat parra ‘n manel dra, vergeet!  Seker iets te doen met die afdraende pad waarop ek nou is…   :lol:

En toe word ek sedert Vrydag oorweldig met gelukwensings.  Ek voel skoon oorstelp.  Baie dankie aan almal wat ‘n tydjie afgeknyp het om te kom sê “Hêppy, hêppy!”  Ek waardeer dit regtig geweldig baie.

Ek en my dierbare liefie is vanoggend op suur noot ‘uitmekaar’ uit.  Hy wou my verras met blomme – en die gebaar alleen was ‘n moewiese verrassing – maar die blomme het nooit by my uitgekom nie.  Die stomme man is so lank in Angola, hy kon nie ons adres onthou nie!  Maar die dame wat nou in ons vorige huisie bly, was seker uit haar vel van opgewondenheid om ‘n ruiker blomme te kry!   :mrgreen:

Verder het skattige, skattige Eben vanaand op Jukebox vir my ‘n boodskappie uitgesaai. (Blykbaar met Dellie gekonkel hieroor!)  Ai.  Ebie, ek waardeer dit vreeslik, ou ding, maar moes ek tot amper op die einde wag?!  Ou Kurt en ek sal maar nooit vrinne kan word nie!

My dogter het my sesuur wakkergemaak met ontbyt in die bed.  Sjoe.  ‘n Reuse omelet met baie toast en vrugteslaai.  Heerlik, maar brêkfis en ek was nooit nooit maatjies nie, en so vroeg in die oggend nog!  Ag, maar dit was dierbaar van die meisiekind.  Sy was bang ek word vroeg wakker en dan is haar planne in die wiele gery!

Die beste geskenk was ‘n foto.  My lief het, by ‘n gebrek aan regte blomme, my getroos met my eie blomme.  Die kudulelie wat so vieslik vertrap is, is mooi aan die herstel!  Kyk al die nuwe blaartjies!

Nogmaals dankie vir al die goeie wense…en Liefie, vergewe my?

23
Sep
09

My anderste kind

17 Oktober 2008

Daar moet seker ander ouers ook wees wat op ‘n dag besef een van hul kinders is ‘anders’.  Wel, Pieter is my anderste kind.  Nie dat daar iets fout is met hom nie.  Hy is net anders.  My maatstaf is my twee oudstes.  Noudat ek terugdink, was hulle grootmaak eintlik plain sailing gewees.  Hulle was gesonde, redelik ’soet’ babas (behalwe dat my dogter elke aand stiptelik sesuur, met Egoli se kenwysie, begin skree het!), hulle het nie regtig fiemies met kos gehad nie, het gou en maklik vaste kos begin eet, gou met ‘n mes en vurk leer eet, het deur potty training geseil, was nie bang om by maatjies te gaan speel of oor te slaap nie, en het vroeg en graag ’speelskool’ toe gegaan.

Pieter is ‘n kalant van ‘n ander kaliber.  ‘n Droom kind.  Soos in dromerig.  Op ‘n planeet van sy eie.  Ek kan soms my hare uit my kop uit trek van frustrasie, maar ek begin hom daagliks meer…verstaan/geniet/waardeer.

Hy hou nie van skool nie, maar hy gaan sonder om regtig trane te stort.  Vanoggend, nadat ek hom afgelaai het by die skool, sien ek hom onder die bome sit met sy tassie.  Al die ander kindertjies is klas toe, maar Pieter haal eers rustig sy lunch boxie uit en begin broodjies eet.  My gebare om hom klas toe te jaag, en die juffrou se geroep, het geen effek nie.  Horende doof en siende blind eet hy eers broodjies.

Met sy speelgoed speel hy nie.  Al sy ‘Cars’ karretjies word in ‘n lang ry op die mat uitgestal.  So ook sy dinosours en plastiek diere.  Captain Hook en die se versameling swaarde en messe, word in ‘n plastiekbakkie gebêre.  Bruin klippies in my tuin word vissies, en is ook in ‘n afsonderlike bakkie.  En wee my as ek dit sou terugsit in die tuin.  By die skool tel hy elke dag rooi kafferboomsaadjies op, en dit kom in nog ‘n bakkie.  As hy speel, is dit met boksies en scrap goeters.  ‘n Stukkende horlosie.  ‘n Stuk rek.

In die aande word die meeste van hierdie versamelings saam bed toe gedra.  Anna, sy laphond, is altyd langs hom in die bed.  Verder word die res van sy besittings op die bed gerangskik.  Gewoonlik lê hy op ‘n smal strokie bed, en die res van die matras is oorgeneem deur sy goeters.  En moenie dink hy vergeet daarvan nie.  Ek is al in die middernagtelike ure wakker gemaak om te soek na Captain Hook se swaard.  En eerste ding in die oggend as hy sy oë oopmaak, wil hy weet waar sy ‘bedmaats’ is.

Hy hou nie baie van sing nie.  As ons die dag sing, is dit as ons albei in die bed lê en die lig af is.    Hy hou ook nie baie van storieboeke en rympies nie.  Hy is mal oor syfers.  Hy wys die hele tyd syfers uit.  Of dit nou huisnommers is, of die temperatuurreguleerder van die stoof is, syfers sien hy altyd raak.  En tel dan met vet vingertjies.

Met sy nommer twee het ons nou al in ‘n roetine geraak.  Hy sit op die loo, hou sy hemp vas met een hand en druk sy neus toe met die ander.  My taak is om voor hom te staan en sy ore toe te druk.  Nou die dag was ek al moeg gestaan en het my gewig op die een been gesit.  In die proses het ek sy lyfie bietjie skuins gedraai.  “Ma!”  Ek kon sien hy soek na woorde.  “Jy neuk rond!”

Hy speel lekker in grond of sand, maar verpes modder.  Enigiets wat sy hande ‘vuil’ of taai kan maak.  Om op te maak, koop ek vir hom skeerroom sodat hy in die bad met die skuimende bolle kan speel.  Hy sal die hele dag toast eet, maar ek moet om geen omstandighede vir hom vleis gee nie.  (Hy eet darem biltong.)  Hy eet nie my kos nie, maar vrek oor ‘n rou wortel.

Hy hou my op my tone, dis gewis.  Maar hy vermurwe my hart as hy uit die bloute verklaar: “Ma, I love you.”  Het ek genoem hy praat hoofsaaklik Ingels??




Statistieke

  • 29 965 keer gelees
September 2009
M D W T V S S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930