21
Sep
09

Op vrye voet

14 Oktober 2008

My man spot altyd en sê dat ek Fauna & Flora se grootste nagmerrie is.  Wel, ek is. Of ek nou Angola toe gaan, of Suid-Afrika toe gaan, ek smokkel altyd, maar altyd, ‘n plantjie of twee in.  En hierdie laaste keer was geen uitsondering nie.  Opgerol (ja, regtig) in my tas, was twee groterige kremetarte en ‘n klein naboompie.

Eintlik is ek baie gemaklik daarmee om plante in te smokkel.  Ons vlug land 18h30, en teen daardie tyd is daar nie meer officials wat tasse scan en deursoek nie.  Toe ons destyds met TAAG gevlieg het, het ons 14h00 geland, en dan moes mens bontstaan om hulle vry te spring.  Maar Saterdagaand het ek vir ‘n rukkie bloed gesweet.

Terwyl ons wag vir ons tas, sien ek hierdie swart antie met ‘n groen jassie wat ‘n cute hondjie aan ‘n leiband het.  Ek neem toe aan dis ‘n hondjie wat saamgevlieg het, en nou wag vir sy baas.  (Dit lyk soos die hondjie by die Wosonki’s wat huis soek.)  Omdat die brakkie nou nie juis na ‘n hond in ‘n amptelike posisie lyk nie, het ek heel ontspanne gestaan en wag.  Maar toe sien ek hoe hierdie oulike hondjie op die mense se trollies spring en aan hul bagasie snuif-snuif.  En ek sien vir die eerste keer die landwapen op die antie se groen jakkertjie…  Nou maak ek sommetjies.  ‘n Groen jassie…dit kan net een ding beteken:  Fauna & Flora.  Of iets in daai lyn.

Onseker of die hondjie soek na dwelms of opgerolde bome, ignoreer ek my tas toe hy die eerste keer verbykom.  Toe die hond en die tannie oorstap na die ander kant van die carousel, hol ek vervaard en ruk my tas van die voerband af, bondel hom en Pieter op die trollie, en sny ‘n lyn vir die uitgang.

Op pad uit, sien ek een van die ’slagoffers’, besig om haar tas uit te pak terwyl ‘n ander amptenaar (met ‘n groen trui) toekyk.  Ek hoor in die verbygaan haar woorde:  “But its just oil…”   Ek wou nie uitvind wat haar lot is nie, en het net strak voor my gekyk, met my beste ‘upstanding citizen of the community’-uitdrukking op my gesig.  Toe ek uiteindelik vars lug inasem, was my bene behoorlik jellie.  Ek het daai sigaretjie gesuig dat hy amper krom getrek het…


0 Responses to “Op vrye voet”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: