20
Sep
09

Kortliks

9 Oktober 2008

Ek kan nie eens ‘daai tyd’ voorhou nie.  Ek is ongelooflik geïrriteerd en sommer gatvol. Die internet is fokken stadig, en die Angolese se mentaliteit maak my de moer in.  Ons betaal 300 dollar vir 3 maande se internet, maar klap hande as ons die dag konneksie kan maak.  Hulle het ‘n generator ‘verloor’, en hoekom hulle dit nog nie vervang het nie, weet nugter alleen.  Die minste wat hulle kan doen, is om ons nog ‘n maand ekstra te gee.  En die verdomde generator vervang.

Verder is my moer nou behoorlik suur omdat een of ander doos my kudu-lelie fokken mors-af getrap het.  Verskoon my taal, maar dis al uitlaatklep wat ek nou het.  Daar is ‘n donnerse muurtjie reg rondom die tuin, maar selfs dit is nie genoeg nie.  Hoe de donner trap mens in ‘n tuin wat duidelik afgebaken is??  Dit het ek vanoggend ontdek, en my dag is nou in sy moer.

Verder is ek die pos van ‘Kamp Koördineerder’ aangebied.  Dit sal alles behels wat hier aangaan.  Van die tuine tot die skoonmakers.  Gaste ontvang.  Daarvoor sien ek kans.  Die ding wat my bangerig maak – nee, baie bang – is dat ek in beheer van die kombuis ook moet wees.  Daar sal wel ‘n kok (of twee)  aangestel word, maar ek sal moet besluit oor die spyskaart, die kok oplei, ens, ens.  Ek kan kook.  Solank ek ‘n resep het.  Verder dink ek die mans gaan moeilik wees om te plesier.  Hulle kla wel met reg oor die kos wat tans voorgesit word, maar ek dink hulle verwag steaks elke dag.  (En ek is die mince queen…)  En boonop is daar, soos met alles, beperkings aan hoeveel ek kan spandeer aan kos.  En Shoprite is ver…  Ek sal bleddie goed moet beplan om seker te maak dat daar elke dag vars groente en vrugte is.  Dis nou ‘n baie deurmekaar gebrabbel, maar ek stress nogal hieroor.  As die kombuis nie hierby ingesluit was nie, sou ek gespring het vir die job.  Ek ken die kompleks goed, en weet wat hier aangaan.

Op ‘n ander noot.  Ek dink ernstig daaraan om nog twee blogs te begin.  Een vir my plant/tuin-dinge, en ‘n ander een vir sommernet praatjies.  Hierdie een gaan dan my ‘Angola-blog’ wees.  Ek dink nie almal stel altyd belang in kerke/aalwyne/Angola/nabome nie, en dit inhibeer my effens om voluit daaroor te blog.  En tog is dit my passies in die lewe.  So, ek sal laat weet wanneer ek ‘n besluit geneem het.

En nou wil ek die “Publish”-knoppie druk.  Mag die internet aan wees…


0 Responses to “Kortliks”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: