20
Sep
09

In the presence of beauty…

12 Oktober 2008

Saterdagaand het die vliegtuig nog nie behoorlik tot stilstand gekom nie, of die sms’e kom piep-piep-piep deur.  Gaaf, die Sharks het gewen.  Toe ons by die carousel staan vir ons bagasie, kom die hartverskeurende nuus deur:  die Cheetah’s het verloor.  *snik*   Booohooooo….   :sad:

Saterdagaand in die hotel het ek maar my sorge verdrink in ‘n bottel rooiwyn.  Om die hoogtepunte op Supersport te kyk, het my, snaaks genoeg, nie baie geamuseer nie…

Bring vir die harlekyn nog wyn

Roowyn

Vir sy lag en traan en pyn…

Ja’k!  Dit was ek daai.

Vanoggend sit ek met ‘n kloppende koppie by Domestic Departures en kyk met pynende skrefie-ogies na die mense.  En ek word yskoud…en toe warm…ek begin bewe soos ‘n bakvis…sluk droë slukke…   Daar staan die Cheetah-span!  En dit lyk nie of gister se verloor hul so erg pla soos vir my nie…vol laggies en grappies, soos vriend Eben altyd sê.

Ek dog by myselwers:  basta ordentlikheid.  Hoe gereeld loop jy in die Cheetah’s vas?  Ek krap in my sak en kry my notaboekie en pen (komplimente van Southern Sun) en gaan streel Juan Smith liefderyk met die pen teen die arm.  Hakkel en stamel, maar kry darem die versoek vir handtekeninge uit.  (En troos my daaraan dat dit eintlik vir Bruce is!)

Maar genugtig!  Die Juan is die mooiste jong man wat ek in ‘n lang tyd gesien het!  Tot my gefossileerde ovaries het begin stir.  Blou-blou oë  in ‘n heuningbruin gesig… en daai parmantige opstaan-kuifie!  En vriendelik, en inskiklik.  Okay, ek vergewe hom tot die “plesier, tannie”-deel…

Ek het my net vervies vir die Amerikaanse vrou wat op die bus langs my kom sit en ewe belangstellend vra: “So, which soccer team was that?”   Se gat!


0 Responses to “In the presence of beauty…”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: