20
Sep
09

Ditjies en datjies

1 Oktober 2008

My 5 tuiniers was baie bly om my weer te sien.  Voor hulle nog geweet het hul kry horlosies, het die klompie my behoorlik stormgeloop en vir ‘n oomblik was ek bang vir ‘n gedrukkery! Gelukkig het dit net by handskud gebly.   Ek was net so bly om hulle weer te sien, moet ek erken.

Oor die algemeen lyk die kompleks baie goed.  Die gras is kort en die bossies is onder beheer.  Hulle het ook die laaste stuk gras geplant agter die onderste huisies.  Dit was groot werk, want dit was voorheen baie klipperig en ongelyk.

Al wat my grief, is dat hulle weer toelaat dat papaja-bome oral opkom.  Ek hou van papajas, maar ‘n papaja reg teen ‘n palmboom…nee.  En oral ‘lê’ tamatieplante in onnet bosse.  By die nuwe rotstuin het hulle ‘n kooltuin van formaat begin.  Ek het ook nie iets teen kool nie, maar kool en aalwyne jel nie lekker nie.  En die weedeater word nie meer gebruik nie…

Dat hulle wel ‘n opsigter kort, is duidelik.  Ek sien hulle staan weer tuinslang in die hand die hele dag.  Die gras word dag in en dag uit natgegooi.  Nevermind dat ek ‘n hele klomp spreiers gekoop het nie.  As hulle die tuinslang vashou, is hulle mos ‘besig’ en niemand kan iets sê nie!

‘My’ rotstuin lyk goed.  As ek na hom kyk, voel ek gelukkig.  Elke plant en elke klip het ‘n storie.  Dis asof dit die verhaal van my tyd in Angola was.  Daar was net een ding missing.  ‘n Klein swart klippie met wit spikkels.  Regtig ‘n besonderse mooi klippie.  Omdat hy so klein is, het ek maar aangeneem dat hy êrens onder die ander lê.  Gisteraand vind ek toe uit dat een van die mans ook gedink het dis ‘n baie mooi klippie!  Hy het hom opgetel en in sy huis gaan sit!  Ek was sommer witwarm van woede, maar ek dink ek gaan die klippie maar vir hom gee.  In die tuin sal iemand hom eendag weer ’steel’, en ten minste waardeer die ou hom ook!  Ek weet die mense dink ek is kêns, maar ek ken elke dingetjie in daardie tuintjie.  Alles het my ’stamp of approval’ op om daar te mag wees.

Die impala-lelieDie impala-lelie
Aalwyne uit HumpataAalwyne uit Humpata
Die halfmens...Die halfmens…

Ek is nie meer die tuinier hier nie.  As ek volgende jaar hier wil kom bly, sal ek iets moet kry om myself besig te hou.  En ek sal moet leer om nie my neus in die tuinsake te druk nie!  Gaan vrekmoeilik wees.


0 Responses to “Ditjies en datjies”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: