17
Sep
09

Pukebox

15 September 2008

Vandat ek Sondagaand Jukebox vir die eerste keer op KykNet gesien het, moes ek op my tande byt om nie iets daaroor te sê nie.  Die duiwel op my skouer het egter gewen.

Kurt Darren.  Soos ‘n vriendin altyd sê: Oh, my soul.  Ek is bevooroordeeld, want ek kon nog nooit vat aan hom kry as sanger nie, maar hy is ‘n baie treuriger aanbieder.  Koue, koue vis.  Hy (probeer) die regte goed sê, maak kamma grappies met die inbellers, maar sy oë bly twee koue stukkies ys.  Sy glimlag lyk of hy bang is sy gesig breek.

Bygesê, van die inbellers laat my na die ‘mute’-knoppie gryp.  Skrilstem tannies wat duidelik o, so bly is om op die lug te wees.  ‘n Tipiese gesprek loop so:

Kurt:  “Jacomien van Swakopmund.  Jacomien, is jy daar?”

Jacomien:  “Hallo, Kurt.”

Kurt:  “Jacomien, al die pad van Swakopmund.”

Jacomien:  (giggel) “Ja, Kurt, al die pad.”

Kurt:  (buig sy mondhoeke in ‘n mock glimlag)  “Daar’s hy.  Jacomien, hoe lyk die weer in Swakopmund?”

Jacomien:  “Ag, Kurt, dit was gister bewolk en koelerig, maar ons het ‘n heerlike dag gehad vandag.”

Kurt:  “Daar’s hy.  Jacomien, het jy ‘n boodskap?”

Jacomien:  “Ag, Kurt, ek wil net vir my man wat nou voor die teevee sit, sê liefling, ek is baie lief vir jou.  Dankie vir 25 wonderlike jare.  En vir die kinders in die Kaap, ek hoop hulle luister, ons is lief vir julle.  En vir my buurvrou, Tokkie, Tokkie, baie dankie vir jou vriendskap.  Dit beteken baie vir my.  Dis al.  Dankie, Kurt.”

Kurt:  “Daar’s hy.  En waarna wil jy luister, Jacomien?”

Jacomien:  “Ek lewe van Annelie van Rooyen, asseblief tog, Kurt.”

Kurt: “Dit behoort nie ‘n probleem te wees nie.  Dankie vir die inbel, Jacomien van Swakopmund.”

Jacomien:  “Kurt, ek wil net sê, baie, baie dankie vir hierdie wonderlike program.  Ons sit elke Sondagaand voor die teevee. Ons mis dit vir niks.”

Kurt:  “Daar’s hy.  Dankie, Jacomien!  Totsiens.  Bel gerus weer in.”

Jacomien:  “Dankie, Kurt. Baai, hoor.”

En so gaan dit aan, ad nauseum.  Kurt se sêgoed word in een aand holrug gery en hy maak of hy ‘bond’ met sy gehoor.  Regtig, daai glimlaggie is so vals, sy grappies so flou, ek dink nie hy oortuig homself eers nie.

Maar nou ja.  Die man het blykbaar hordes aanhangers.  Dalk is dit ‘n uitstekende program en ek ‘n kultuurlose sot.


0 Responses to “Pukebox”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: