17
Sep
09

One down (more or less)

17 September 2008

Nou ja, my blog is ook nou ongeveer ‘n jaar oud.  Ek kan nie presies sê wanneer ek begin blog het nie, omdat ek ‘n plekkie by Blogspot gehad het, dit gedelete het, en toe weer begin het.  Soms wonder ek hoekom ek blog.  Ja, partykeer voel ek sommer laf en verspot, ander kere  kwaad en geïrriteerd, en dan sal ek neerpen hoe ek op daardie spesifieke stadium voel.  Die belangrikste rede hoekom ek blog, is om vir my kinders iets te los.  Never say never, maar hopelik sal die blog bestaan totdat iemand eendag die delete-knoppie druk.  En dit sal nie ek wees nie.

Kinders luister nie wat hul ouers te vertelle het nie.  Ek kan nie die helfte van die goed wat my ma my vertel het, onthou nie.  Stories oor haar lewe of die familie.  En as sy die dag nie meer daar is nie, is dit verhale wat vir altyd verlore sal wees.  Dis hoekom ek partykeer op ver paadjies terugstap.  Ek glo dis baie vervelig vir die vreemdeling wat hier lees, maar hopelik, oor 50 jaar, sit my kinders en kleinkinders en lees oor die goed wat vir my belangrik was.  Goed wat ‘n indruk op my gemaak het.  Wat my bly gemaak het, wat my ongelukkig gemaak het.  En dit is tog wat blogging eintlik is, is dit nie? ‘n Aanlyn-dagboek.  Ek gaan nou wraggies nie elke boring dag van my lewe hier vaspen nie, maar darem die hoogte-en laagtepunte!  Dalk as ek eendag onder die kluite is, kan my nasate nog lag oor alles wat ek aangejaag het!

Een van my inskrywings op die blog wat nie meer bestaan nie, was oor ‘n kerkie wat ons op ‘n verlate strand in Angola gekry het.  Vir sommige is dit ou nuus, maar omdat die kerk so groot indruk op my gemaak het, wil ek hom graag weer plaas.  Sommer maar om my blogbirthday te vier!

Ons was op soek na die sogenaamde ‘ver strand’, ‘n lang strook strand waar daar niks anders as see en sand en baie ‘driftwood’ is nie.  Van die hoofpad het ons ‘n afdraaipaadjie geneem wat ons oor koppies en klein bergies gevat het.  Na ‘n hele ruk se geryery, het ons op ‘n geïsoleerde vissersdorpie afgekom.  Sommer skielik, toe ons om ‘n draai kom, het hierdie plekkie voor ons gelê.  Huisies gemaak van palmtakke, vissies wat in die son uitgedroog is, en geen teken van enigiets van die 21ste eeu nie.  Die mense was uitbundig vriendelik om ons te sien, en gou is ons oorval met mense wat kreef en vis aan ons wou verkoop.

Terwyl ons deur die dorpie ry, kom ons op hierdie kerkie af.  Ek mòès uitklim om ‘n foto te neem.

Ek was nog nooit so ontroerd deur ‘n gebou nie.  Hoe maklik sou dit nie wees om barbaars en dierlik te word in so afgesonderde plek nie.  Dit het my boekdele van hierdie gemeenskappie vertel.  Om ten spyte van armoede en swaarkry,  hul vertroue in ‘n Groter Iemand te plaas nie.  In sy eenvoud het hierdie kerk ‘n waardigheid uitgestraal.  Soos die mense wat hom gebou het.


0 Responses to “One down (more or less)”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: