16
Sep
09

Sharing the love, the love, the love…

12 September 2008

Vygie het vanoggend my dag verhelder met ‘n spesiale tag.  ‘n Tag vir blogs wat jou laat goed voel, ‘n huppel in jou stap gee, jou ‘uplift’.  Dankie, Nelba!  En nou moet ek die liefde deel met drie ander blogs.

Daar is so baie blogs wat my inspireer,  ek moes mooi dink aan die 3 wat vir my uitstaan.

Zee deel haar hartseer storie op ‘n baie eerlike manier.  Sy draai geen doekies om nie, doen geen sugarcoating nie.  Al huil ek net so hard saam met haar, kan ek sien hoe haar “My Storie”-postings ‘n impak op my seun maak.  Haar verhaal het hom baie bewus gemaak van die gevare wat dwelms inhou. Dankie, Zee.

Rosa is een wat jy nooit kan inhok nie.  Die een oomblik het sy ‘n grappige vertelling, die volgende oomblik skud sy jou hok as sy jou dwing (op ‘n baie nice manier, natuurlik!) om bietjie verder te dink as wat jou neus lank is.  Jy gaan lag, trane stort of kwaad word daar by haar, maar jy sal nooit, ooit verveeld wees nie!

Die Wosonki’s gaan hopelik nou gedwing word om uit hul selfopgelegte bannelingskap te kom, maar dis darem nie die enigste rede hoekom ek hul tag nie!  Hulle huwelik en liefde vir mekaar is ‘n voorbeeld vir my.  Hul droë galgehumor sit elke keer ‘n smile op my bakkies.  (Ek vermoed hulle dink ek’s mal as ek kort-kort vir een van hul ernstige inskrywings lag!)  In kort, twee van die beste mense op aarde, maar hulle glo dit skynbaar nie self nie!

So, julle 3tjies, gaan voort en spread the love!  Yeah, baby, let it multiply…!


0 Responses to “Sharing the love, the love, the love…”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: