16
Sep
09

Rasegte Bestuurders

10 September 2008

Nou ja, as ‘n wit Suid-Afrikaner moet ek by voorbaat apologie aanteken oor wat ek nou gaan sê, want dit gaan verseker nie polities korrek wees nie.  Maar what the hell, ek het die toetsie by Rosa gaan aflê, en die resultate sê dat ek een van net 6 % van die bevolking is “who’s slightly leaning towards the other race!”  Of iets in daai lyn.  Ek sou myself nie so opgesom het nie, maar ek kan seker nie met die slimmes stry nie…

Ek hou van bestuur.  Om in ‘n kar te sit en van punt A na punt B te ry, verkieslik met musiek as geselskap, is vir my regtig lekker.  Dis my beste dinktyd, maar sedert ek jare gelede ‘n kind van sy fiets afgestamp het, sou ek myself as ‘n neurotiese bestuurder beskryf.  Ek sien ongelukke agter elke hoek en draai, met die gevolg dat ek hiper-versigtig is.  Nie bang nie, net baie versigtig!

Maar, om op die pad te wees, het ook sy frustrasies, soos almal weet.  Taxi’s wat teen ‘n malle spoed by jou verbyjaag, Golfies en Opels wat alewig wil dice en tritte wat teen 10 km/uur op ‘n 60 km/uur pad ry.  Ek meen, dis nou om die dam heeltemal onder die eend uit te ruk.

So het ek bestuurders begin klassifiseer volgens hoe hulle ry.  Ek is trots om te sê, ‘n groot deel van die tyd is ek 100 % in die kol.  Dis hoe dit werk:

Die gevaarlikste ding op die pad is ‘n swart vrou.  Dis die karretjie wat gewoonlik ‘n duik in het en nie mooi in ‘n baan kan bly nie.  Die kar beweeg teen ‘n slakkepas, maar dit verhoed haar nie om elke 20 sekondes oor die sperstreep te beweeg nie.  As ek agter só kar beland, wag ek tot sy na die kant (skouer?) van die pad beweeg (elke 20 sekondes), dan sit ek voet in die hoek en gaan verby.  Dis ‘n saak van oorlewing.  Jy wil nie agter óf langs so kar wees nie.

‘n Swart man doen een van twee dinge: óf hy kruip soos sy suster, óf hy jaag soos ‘n springhaas verby.  Geen middeweg nie.  Ek vrees hulle gewoonlik nie.  As hy te stadig is, gaan ek hom bloot verby, en as hy te vinnig is, is hy lankal verby my, voor daar enige skade kon plaasvind.

Wit vrouens is die beste bestuurders.  Oukei, ek is dalk nie objektief nie, maar my ervaring is dat ons nie waaghalsige toertjies doen nie, ons jaag nie (of as ons jaag, doen ons dit veilig) en oor die algemeen is ons konsidererend teenoor ander padgebruikers.

Oor wit mans kan ek ‘n boek skryf.  Veral die tipe wat groot, wit bakkies ry.  Dis hulle wat voor jou sal indraai, al is jy so te sê  op hom.  So what as jy moet briek trap.  Dis hulle wat by ‘n rooi lig uit ‘n kar sal klim en die ou/vrou wat na sy mening k%k bestuur het, sommer gaan aanvat.  Of ligte vir jou flits om te wys jy moet jou gat move.  Hulle is ook nie bang om deur die verkeer te vleg al is daar wragtag nie spasie nie.  Hulle hou ook nie daarvan om te wag nie.  As die lig groen slaat, en jy het nog nie beweeg toe die ander lig oranje geword het nie, begin hulle al op die hoeter lê.  Dis sulke tye dat ek wens ek het ‘n baseball bat in my kar…

Die snotkoppies (enige kleur) val in ‘n groep van hul eie.  Hulle ry Corsa-bakkies, City Colfs en ander vinnige klein karretjies.  Hulle ken net een manier, en dis vinnig.  En ek is altyd verbaas dat daar nooit spietkops is om hulle vas te vat nie.

Die meeste van die tyd gebeur hierdie klassifisering terwyl ek agter die betrokke kar is.  Ek voel nogal baie selfvoldaan as ek uiteindelik die bestuurder kan sien en myself reg bewys.  Natuurlik, as die kar voor jou ‘n blink tissueboks en twee kussinkies by die agtervenster het, is dit ‘n dead give-away en tel hy glad nie.


0 Responses to “Rasegte Bestuurders”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: