16
Sep
09

Nuwe 7 Wonders van die Natuur

4 September 2008

Die Nuwe 7 Wonders van die Wêreld is op 07/07/07 aangewys.  Nou word daar gestem vir vir die Nuwe 7 Wonders van die Natuur.  Op die oomblik (tot 31 Desember 2008) word plekke nog genomineer, en ons kan vir hulle stem.  Die N7W paneel sal uit die top 77 nominasies 21 kandidate kies en in Januarie 2009 bekendstel.  Stemming sal regdeur 2009 plaasvind, en in 2010 sal die 7 wenners aangewys word.

Die amptelike “mission statement” is: If we want to save anything, we first need to truly appreciate it. Bewonderingswaardig, maar wie het meer ’saving’ nodig as Afrika?  En ons kontinent sprankel nie juis op die huidige top 77 nie:

22.  Red Sea Reef

42.  Dahlak Archipelago

44.  Mount Kilimanjaro

45.  Kalahari Desert

47  Victoria Falls

Tafelberg (no. 94), die Krugerwildtuin (no. 152) en Kaap van Goeie Hoop (no. 103) lê nog baie laag en het bietjie ondersteuning nodig.  (Wáár is al die Kapenaars wat altyd ‘hulle’ berg so besing??  :lol: )

Komaan, ons kon dit met Monopoly regkry!  Ja, jy moet registreer, maar dis vinnig en eenvoudig, en jy kry 7 stemme.  Kom ons kry Afrika oppie map!  Toe?


0 Responses to “Nuwe 7 Wonders van die Natuur”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: