15
Sep
09

Ommekeer

19 Augustus 2008

Oukei, dis amptelik: ek is ‘n pissie.  Vir alleen-woon is ek nie in die wieg gelê nie.  En nou praat ek nie van kinders nie.  Ek moet saam met my man wees.  Sonder hom voel ek half, en dis nie ‘n lekker gevoel nie.  ‘n Sms om hom te laat weet van ‘n snaaksigheid wat die Seuntjie aangevang het, is nie dieselfde as om in mekaar se oë te kyk en te lag dat die trane loop nie.

Die afgelope paar jaar was ek konstant op ‘n guilt trip.  As ek nie by my kinders in Suid-Afrika is nie, is ek mos ‘n slegte ma?  As ek nie by my man in Angola is nie, is ek mos ‘n slegte vrou?  En wie is veronderstel om eerste te kom?  Ek het al lankal met daai ene vrede gemaak.  My man kom eerste.  My kinders weet dit ook.  Ek en hy is veronderstel om saam oud te word.  Die kinders gaan groot word, uit die huis gaan, ‘n eie lewe lei en dalk van ons vergeet!  En wat is after all belangriker vir kinders as ‘n ma en pa wat regtig lief is vir mekaar?  (Dink ek…)

Die kleuterskool-juffrou het my ingelig dat ek Pieter eers in 2011 moet skool toe stuur. Dis nie die jaar waarin hy 7 word nie, maar omdat hy in November gebore is, sal hy so te sê ‘n jaar jonger wees as kindertjies wat in die eerste helfte van die jaar gebore is. Sy reken dis beter om hom ‘n ekstra jaar by die huis te hou.  En noudat ek weet ek het nog TWEE jaar om mee te speel voor hy moet skooltoe, het ek besluit ek gaan terug.  Nie nou dadelik nie, miskien in Januarie 2009.  Laat hy eers bietjie makker word in die kleuterskool!

Ek het met Bruce daaroor gepraat, en hy is heel inskiklik.  Hy moet einde September gaan vir sy lisensie, en dan sal hy meer onafhanklik kan wees.  In die verlede was dit ‘n probleem om iemand te kry om hom rugby toe te vat, of te gaan haal, of Jeannie by die bus op te laai, ens.  Hy het ook nie pyne om alleen by die huis te wees gedurende die week nie, en Ouma is darem net ‘n klipgooi ver.  Bowendien het ek ook besluit om nie so lank in Angola te bly op ‘n slag nie, maar om my tyd meer eweredig te verdeel tussen hier en daar.

Dit voel soos ‘n gewig wat van my skouers af is.  Om terug by die huis te wees, het definitief sy voordele, maar dit maak nie op vir die gemis nie.  Ek kan nie van sms’e en telefoonoproepe lewe nie.  Ek wil my man, in lewende lywe, hê.  En ek gaan hom kry…   :wink:


0 Responses to “Ommekeer”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: