15
Sep
09

Meme-tag vir Erica

18 Augustus 2008

Ek het oor die naweek ‘n tag gekry. ‘n Meme-tag waarin ek 8 beskrywings moet gee waarom ek gelukkig is.  Erica het my getag, en dit was vir my ‘n groot eer om haar op my blog te kry.  Van my Angola dae al, lees ek haar blog, veral dié een, gereeld. So skelm-skelm!  Sy weet alles van aalwyne!

So, hoekom dink ek dat ek gelukkig is?  Wel, vir ‘n begin, ek dink regtig daar is ‘n Hoër Hand wat na my en my gesin omsien.  Waar die een deur toegegaan het, het daar nog altyd ‘n ander een oopgegaan.  Dinge het nog nooit so sleg gegaan dat ek permanent op moedverloor se vlaktes was nie.

Ek is gelukkig omdat ek ‘n baie goeie man het.  Ons is in baie opsigte eenders, maar waar ek taamlik humeurig is, is hy saggeaard en baie rustig.  Die ewige vredemaker.  Ons gesels heerlik.  Ons kan tot laat in die aand sit en filosofeer oor alles en nog wat.  Ons lag vir dieselfde goed.  Ons hou daarvan om bymekaar te wees.

My drie kinders is elkeen so verskillend, en elkeen gee my hul kwota grys hare, maar elkeen gee my ook groot vreugde.  Daar is nie ‘n handleiding vir kindersgrootmaak nie, en meeste van die tyd betwyfel ek my vermoëns.  Dis gewoonlik wanneer hulle iets doen wat my laat besef ek is nog (min of meer!) op die regte pad.  Al wens ek soms ek kon hulle by die weeshuis gaan aflaai, kan ek nie my lewe sonder my drie telgies voorstel nie!

Ek het my ou moeder al tot naarwordens toe besing, maar ek ag myself baie, baie gelukkig dat ek haar nog in my lewe het.  Sy is my grootste ondersteuner.  Ek kon haar nog altyd alles vertel, selfs die mees horrific goed wat ek aangevang het!  En nou bly ons 600 m van mekaar af!

Ten laaste, die mens is nie ‘n eiland nie, en ek is gelukkig om mense te hê wat my lewe positief aanraak.  Of dit nou die petroljoggie is wat my bly groet omdat hy my nou al ken, of ‘n ou skoolvriend wat nie van my vergeet het nie, mense bly ‘n belangrike deel van my lewe.

En nou wil ek graag vir Voetjies (Marina), Flippiefanus, Emmabel en Paula tag om dieselfde te doen. Asseblief!


0 Responses to “Meme-tag vir Erica”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: