15
Sep
09

Blog Sabbatical

20 Augustus 2008

Hierdie was vir my ‘n vreemde week in blogland.  Ek het nooit gedink dat ek slapelose nagte oor blogging, en wat daarmee gepaard gaan, sou hê nie, maar die afgelope paar aande het ek rondgerol.  Blogging is net nie meer lekker nie.

‘n Jaar gelede, toe ek begin blog het, was dit opwindend.  Ons ‘groepie’ het aanvanklik uit Antjiesomers, Dellie, Eben, Sonneblom en Bottertjie bestaan.  Ons het honderd maal ‘n dag by mekaar gaan kuier, en net strontpraatjies gepraat.  Oor skurwe hakskene, rotte en swangerskap.  Ek onthou toe Roer die eerste keer by my gecomment het. Ek het gedog NOU het ek arrive!  Heelwat later het Jaco en Marat ook gecomment, en toe het ek kaatjie van die baan gevoel!  Destyds was ek nog by blogspot, en as die WordPressers jou raakgesien het, was dit ‘n moerse kompliment!  Of so het EK gedink…   LOL   Dit was lekker dae…

Ons het al almal tot vervelens toe hieroor gepraat en gekla, maar die feit is, hier is ‘n paar rantjiegoggas wat die wêreld baie onplesierig maak.  Dit het my aanvanklik nie gepla of geraak nie, maar dis nou too close for comfort.  Dalk is dit lafhartig van my om nou die pad te vat, maar ek voel regtig emosioneel gedreineer.  My baie naïewe goedgelowigheid en vertroue is effens gekneus en ek wil bietjie wonde gaan lek.

Dalk net vir ‘n dag, of ‘n week, of miskien ‘n maand.  Op die ou end sal die verslawing my seker terugroep.   :wink: Die muisneste moet net eers waai!  Die comments is oop, vir die wat my wil uitdinges.  Ek sal daarmee deal as ek weer eendag my gesig wys.

Toedels


0 Responses to “Blog Sabbatical”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: