15
Sep
09

‘n Welkome hupstoot

12 Augustus 2008

Ek het laas gestap toe ek my wou ‘regruk’ vir my beloved se kuiertjie.  Dit was in Julie, en sedertdien het ek nog nie weer ‘n tekkie aan my voete gehad nie.  Van ‘reg eet’ was daar ook nie sprake nie.  Die volgende ‘regruk-sessie’ sal in September wees as EK vir Pa gaan kuier!  :lol:

Die een ding wat ek tog probeer doen het, was om ontbyt te eet.  Dit gebeur nie gereeld nie, maar darem meer as in die verlede.  En my ontbyt bestaan uit muesli en Spar se fat free Three Berries jogurt.  Dis vir my die heerlikste ding, daai jogurt.  Op BBC Food het ek ‘n paar maande gelede ‘n program gesien, The Truth about Food. ‘n Oorgewig vrou het by wetenskaplikes raad gekry oor wat om te eet om gewig te verloor.  ‘n Interessante ding wat uitgekom het, is dat mense wat suiwel inneem (natuurlik laevet) die helte meer vet uitskei as mense wat nie suiwel inneem nie. Ek het dit die heeltyd in my agterkop gehad, alhoewel ek nie eintlik offisieël besig was om te diet nie!

In elk geval!  Vandag kuier ek by Ouma, en sy merk sommer so terloops op dat ek besonder baie gewig verloor het.  Ek skud toe maar net my kop, want ek weet nie wààr sy aan daardie idee kom nie.  Sy is baie adamant en dring aan dat ek moet gaan weeg.  Genade!  Wat ‘n skok!  In die laaste maand of so, het ek 5 kg verloor!  Ek het amper op my rug geval!

Siende dat ek wraggies nie geoefen het of enigsins ‘n spesiale dieet gevolg het nie, wonder ek of dit nie my gereelde inname van vetvrye jogurt was wat die trick gedoen het nie?  Ek is nou meer begeesterd om my tekkies aan te kry en die pad te vat. As ek met niksdoen soveel kon verloor, dink net wat sal gebeur as ek actually effort insit!  :lol:


0 Responses to “‘n Welkome hupstoot”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: