13
Sep
09

Woensdag, met komplimente van ESKOM

5 Augustus 2008

Een, of albei, van die pille wat ek drink vir die jeukery, skop my dat ek op my gat sit.  Ek voel vanaand vir die eerste keer weer mens.  Die hele dag het ek op ‘n pienk wolkie gesweef en kon my oë net nie oophou nie.  Dis ook die rede hoekom ek nie by almal gaan draai het nie.  My breinkapasiteit was net te min om alles te absorbeer.

More is die krag vir 12 ure af, van 6h30 tot 18h30.  Dit gaan ‘n moerse lang dag wees.  Weereens geen blogging nie…

Ek gaan ten minste tyd hê om die duisende dinosaurusse wat my huis vol lê, te vang en in groepies te sorteer.  Die wat in water moet lê om groot te word, en wat dit nie nodig het nie.  En dan sommer die talle bakke vol water (met dinosaurs wat daarin rondfloat)  vervang met een groot bak water.  Dan wil ek gaan dink aan ‘n uitvindsel wat ‘n bad in ‘n japtrap vol reuse skuimborrels sal hê.  Ek wil nie meer buk en waansinnig die water ’skud’ om borrels te maak nie.

En dan, ten laaste, gaan ek my uitvindsel (hoe om SpongeBob Squarepants uit ‘n skottelgoedsponsie en vier tandestokkies te maak) patenteer….

Sien julle weer Donderdag!


0 Responses to “Woensdag, met komplimente van ESKOM”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: