13
Sep
09

Jollie-jeuk

3 Augustus 2008

Ek sal more moet dokter toe gaan vir ‘n stupid ding soos jeuk.  Saterdagaand laat het ek die eerste kriewel-brand waarskuwing gekry, vanoggend vroeg was dit ook nog gangbaar, maar na my kokende bad het elke aangetaste sel die boodskap gekry: JEUK!  Die ergste is dat ek nie eens ‘n uitslag het om te wys nie.

Ouma het vir my 10 jaar oue anti-histamien pilletjies gebring, maar dit het geen verligting gebring nie.  Ek het die hele dag in my pajamas deurgebring, want elke kledingstuk wat druk, maak die foltering erger.  Later het ek pers spirits mildelik oor my hele lyf gesplash, want dit help mos vir insekbyte.  Toe ‘n reuklose, kleurlose olie wat Jeannie op haar ekseem gebruik.  Op die ou einde het ek maar die botteltjie Vicks ook nadergetrek.  Ek verbeel my dit het effens gehelp….

Vanaand het ek uit radeloosheid TWEE van die exstra-matured histamienes gedrink, maar dit het my net erg bedwelm.  So erg, dat ek agt-uur al in die bed was.  Nog steeds geen genade.  Die jeukery het net woester geword onder die warm duvet.  Nou het ek ‘n goeie teug hoesstroop ook weg, met die hoop dat dit my vir die nag sal uitsit.

Ek wonder of die mense in Guatanamo Bay van jeuk as foltermiddel weet?  As iemand inligting uit my wou hê, kan hulle maar verbyhou met naels uittrek of my kop in water druk.  Ek spoeg alles en nog meer uit as ek jeuk soos ek nou doen, met my hande vasgebind om te keer dat ek krap.

Die hoesstropie werk nog nie.  Dit gaan ‘n lang, lang nag wees…


3 Responses to “Jollie-jeuk”


  1. 1 ELSA
    Oktober 16, 2009 om 3:57 nm

    Hi ek het dringend raad nodig jeuk nou al lank en raak net erger. Het al in detal, bloekom oilie gebad maar niks help nie het jul nie raad wat ek kan doen om die verdomde gogga onder my vel uit te kry nie.

    • Oktober 18, 2009 om 6:26 vm

      Hi Elsa,
      Skuus ek antwoord jou nou eers. Hoop jou jollie jeuk is darem al beter? Indien nie, is die dokter maar jou voorland. Soveel goed kan ‘n jeukery veroorsaak. Ek het op die ou einde weer anti-histamines gekry, en dit was opgeklaar binne ‘n dag of twee, as ek nou reg onthou.

    • 3 judy
      Julie 3, 2013 om 9:46 vm

      Hello jy, het jou gejeuk toe opgehou? Wat het gehelp, hoop regtig so. groetnis


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: