13
Sep
09

Beroepsbedelaars

7 Augustus 2008

Die armes was nog altyd met ons, en sal altyd met ons wees.  ‘n Nuwe ding wat ek egter nou hier by ons waarneem, is die beroepsbedelaars.  Blykbaar is dit al ou nuus in die groter plekke soos Pretoria en Johannesburg, maar ek sien dit nou vir die eerste keer.

‘n Jongerige vrou, skraal en bruingebrand, staan elke dag by die besigste kruising in die dorp.  Haar plakaat verduidelik dat sy werkloos is, en dat ons asseblief moet help met ‘n klein donasie of kos.  Eers het ek gedink dit gaan van verbygaande aard wees, maar dis nou 2, 3 weke later, en sy staan nog steeds daar.  Die hele dag, elke dag. Niks fout met haar werksetiek nie!

Nou noem my maar ‘n bee with an itch (soos my kiddies dit versag), maar dit irriteer die wille waks uit my uit.  Ek het ‘n kar wat smeek om gewas te word, ‘n week se strykwerk en Pieter se verpoeierde chips op my mat.  Hoekom het hierdie dame nog nie aan my deur kom klop vir werk nie?  Vir bogenoemde takies sal ek haar R100 betaal, maar sal dit kan kers vashou by wat sy ‘verdien’ by die verkeerslig?

Eendag, eendag, gaan ek genoeg moed bymekaar skraap en haar vra of sy nie ‘piece job’ by my wil kom doen nie. Ek wonder wat gaan sy sê?


0 Responses to “Beroepsbedelaars”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: