12
Sep
09

Vooruitgang uiteindelik

24 Junie 2008

Vandag het ‘n wonderlike ding gebeur. Klink seker stupid vir ander mense, maar dit was wragtag ‘n mirakel in my oë!

Ek het Pieter by die kleuterskool opgelaai 12h00 en huistoe gery.  Maar eers het ek VERGEET (sowaar as vet!) om actually te STOP by die kleuterskool! Ry toe maar weer om die blok en stop voor die skool. Daar staan Pieter teen die draad en huil, en ‘n groot, vet, swart seuntjie staan met sy arm om hom en troos hom! Hy het gesien sy ma ry verby, en die skok was net te erg…  Shame…

In elk geval! Terug by die huis, maak ek my reg vir die normale dvd/karretjies/aliens/dinosaurs-spelery, en ek was nie verkeerd nie. Maar seker ‘n uur later gewaar hy twee ‘maatjies’ (eintlik twee groot seunskinners) buite en vort is hy. Ek moes hom 5 uur vanmiddag gaan haal. Toe is dit al ‘n hele trop kinders wat lustig buite speel.

Ek is sooooo chuffed. Hy het voorheen geen belangstelling in ander kinders gehad nie, en die feit dat hy op sy eie na buite geventure het om te gaan speel, is vir my ‘n moerawiese groot verrassing.  Miskien begin die naelstring tussen ons nou minder sterk klop…


0 Responses to “Vooruitgang uiteindelik”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: