12
Sep
09

Vaarwel, klein vriendjies…

23 Julie 2008

Lyk my dit word ‘n jaarlikse instelling van my: om op te hou rook.   Verlede jaar het ek vir 2 of 3 weke goed gedoen.  Arriveer pappie op die horizon, en weg is my goeie werk.  Ons twee rook tog soooo lekker saam. Regtig. Dis cosy verby.

Maar ek weet dit kan nie so aanhou nie.  Ek wil tog nie eendag ‘n ou antie wees wat plooie om die mond het soos ‘n hoenderpoepholletjie, sukkel met hart-en longprobleme en geel tande nie!  Bowendien het ek uitgewerk dat ek digby ‘n R1000 per maand uitrook. Net ek alleen! Grusaam.

Ek is nou in Dag 2 van die nuwe, rooklose lewe.  Dis vrekmoeilik, maar vandag voel al beter as gister!  Ek is moeg, slaperig, edgy en eintlik bietjie in ‘n depro ook.  Ek weet dis alles net onttrekkingsimptome, en ek doen alles wat ‘hulle’ sê ek moet: diep asemhaal, water drink, vrugtesap drink, oefen, rus.   Teen more behoort al die chemiese produkte uit my sisteem te wees, as ek alles moet glo wat die internet sê.  Ek weet nie of dit my verbeelding is nie, maar my hoesie klink al beter, en ek ruik definitief beter as ‘n week gelede. (Eh…EK ruik seker beter vir ander mense, maar ek bedoel my reuksintuig is baie beter!)

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat ek sigarette sonder enige probleem gelos het toe ek malaria gehad het, en met swangerskappe.  Nie omdat ek wou nie, maar dit het my oneindig naar gemaak.  Geen onttrekkingsimptome toe nie.  Beteken dit dat dit alles maar net in die kop is?  In elk geval, as ek hierdie keer vir ‘n maand kan ophou, sal ek nie weer rook nie. Dis ‘n belofte aan myself.   Dis te flippen moeilik om elke liewe keer hierdie paadjie te stap.  Dis nou, of nooit.   O, liewe aarde…


0 Responses to “Vaarwel, klein vriendjies…”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: