12
Sep
09

Slim kinders

24 Julie 2008

O wee! Ek wou nog iets diep uitdink vir die volgende inskrywing, toe kom ek hierop af:

EKSAMENFLATERS


AARDRYKSKUNDE:

V: As kinders nog te klein is om pille te sluk, hoe kan ‘n mens vir hulle medisyne ingee?
A: tepelsgewys.     (teelepelsgewys)

V: Wat is ‘n vlieënde piering?
A: ‘n Ding soos hierdie: O

V: Waar word sykouse vervaardig?
A: By Pep stors.

V: Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
A: Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

V: Noem drie soorte grafiese rekenaarpakkette wat ‘n mens kry.
A: Reghoekiges, rondes en langwerpiges.

V: Noem die vier seisoene.
A: Sout, peper, mosterd en asyn.

V: Hoe word dou gevorm?
A: Die son skyn op die blare en dan sweet hulle.

V: Wat veroorsaak getye in die see?
A: Die getye is ‘n geveg tussen die aarde en die maan. Al die water wil na die
maan vloei, want daar is nie water op die man nie. Ek het vergeet waar die son
in die geveg inkom.

V: Watter waarborge kan ‘n bank vereis as hulle ‘n huisverband toestaan?
A: As jy ‘n huis koop, kan hulle aandring dat jy goed geërf het.

V: Hoe belangrik is eleksies in ‘n demokratiese samelewing?
A: Baie belangrik.  Voortplanting kan slegs gebeur as ‘n man ‘n eleksie het.

V: Wat is ‘n terminale siekte?
A: As jy op die lughawe siek word.


Nou ‘n paar Engelses:

Q: What happens to a boy when he reaches puberty?
A: He says goodbye to his boyhood and looks forward to his adultery.

Q: Name a major disease associated with cigarettes.
A: Premature death.

Q: Give an example of a fungus.  What is a characteristic feature?
A: Mushrooms.  They always grow in damp places and so they look like umbrellas.

Q: What does the word *benign” mean?
A: Benign is what you will be after you be eight.

Q: What is a turbine?
A: Something an Arab wears on his head.

Q: Explain one of the processes by which water can be made safe to drink.
A: Flirtation makes water safe to drink because it removes large
pollutants like grit, sand, dead sheep and canoeists.


Vorige flaters

1. Afrikaans Graad 8:
Vraag: Maak ‘n sin met “ter aarde bestel”
Antw.: Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?

2. Wiskunde Graad 9:
Vraag: Gee die formule om die oppervlakte van ‘n sirkel te bepaal
Antw.:  Paai straal kordaat.

3. Afrikaans Graad 8:
Vraag: Gebruik “bruin” as ‘n werkwoord.
Antw.:  Die kommuniste het die man gebruinwash.

4.  Aardrykskunde Graad 10:
Hoe het berge ontstaan?
Deur baie sterk winde.

5.  Rekenaarstudie Graad 12:
Waarom moet rekenaargebruikers gereeld rugsteunkopiéë maak?
Sodat hulle nie rugpyn kry nie.

6.  Geskiedenis Graad 11:
In watter jaar het Suid-Afrika ‘n unie geword?
Ek weet nie meneer. Maar ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar vir meneer en                 meneer se gesin.

7.  Afrikaans Graad 8:
Voltooi: Hoe kaler jonker, ……..
…hoe stouter in die donker.

8.  Wiskunde Graad 8:
Wat is regoorstaande hoeke?
Dit is hoeke wat vir mekaar kyk.

9.  Geskiedenis Graad 8:
Waarom is die Mona Lisa-skildery so baie werd?
…omdat sy so ‘n mooi vrou was.

10. Bybelkunde Graad 8:
Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig?
In Jerusalem en Gauteng.


EN..

Noem 5 dinge wat melk bevat?  Kaas, botter en drie koeie

Wat is die verlede tyd van EET?  Honger

Wat is die verkleinwoord van OUPA?  Kleinseun

Vertaal in Afrikaans: ‘I beg your pardon?’   HUH?

Wat noem ons iemand wat velle looi?   Onderwyser

Voltooi: Wat jonk is, speel graag.  Wat oud is, ……. kreun graag

Wat kry jy as jy jou melktande wissel?

Pepermenttande

Waarvoor word beesvelle gebruik?
A: om die bees binne te bou.
Wat is outobiografie?
A: dis die onstaan en geskiedenis van die motorkar.
Waarvoor staan die afkorting t.o.v.?
A: tot onder die voete.
Wat is die doel van die kies- en oogtande?
A: die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas…………
A: hoe groter haaspastei.
Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
A: kleinteef.
Wat is die meervoud van kabeljou?
A: kabeljulle.

Snaakse vergelykings:

Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek soos onderbroeke in ‘n tuimeldroër.

Die bootjie het saggies oor die dam gedryf presies soos ‘n rolbal nie sou nie.

Hy was so lank soos ‘n twee meter lange boom.

Hy het diep uit sy keel gelag – soos daardie geluid wat ‘n hond maak net voor hy opgooi.

Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.

Dit was ‘n werkersklas-tradisie, soos pa’s wat hul kinders met elektriese bore rondjaag.

Sy het nader aan hom gegroei – asof sy bakterieë was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur.

Die son het uit die see opgerys soos ‘n gloeilamp uit ‘n bad water.

Hy is so maer soos ‘n vark op ‘n grondhervormingsplaas

Ek het so minderwaardig gevoel soos ‘n Zim-dollar

Die verklaring van die idioom: uit die oude doos: ‘n laatlammetjie!

Bron


0 Responses to “Slim kinders”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: