12
Sep
09

O, die liewe Thabo

28 Julie 2008

Ons kry gereeld vrugteverkopers van die Kaap.  Pragtige vrugte, pragtige pryse ôk!  Hulle pittighede en ywer om mens om te haal om R60 vir ‘n kas nartjies te betaal, is iets om te waardeer.  My ma gee gewoonlik in, want as iemand met haar Afrikaans praat, is haar dag gemaak.  Vrydag het hulle weer papaja’s aan haar verkoop.  Natuurlik teen ‘afslag’.  Nadat die transaksie beklink is, haak die een af en sê: “Madam wiet, die Thabo Mbeki is da’m ‘n voorslag carpenter.  Hy bou vir hom ‘n parlement uit houtkoppe.”

Dit het my laat dink aan ‘n keer, verlede jaar, toe ons by ‘n mark in Luanda gestop het.  DIe kinders wou aandenkings gaan koop, en ek en wederhelfte het vir hulle in die bakkie gesit en wag.  Uit die bloute klop ‘n jong Angolees aan die venster en vra (in Portugees) of ons Suid Afrikaners is.  Ja, ja, beduie ons.  Sy volgende woorde het ons eers verstom en toe laat huil van die lag. Ek sal my kop op ‘n blok sit dat ‘n Boer êrens ‘n vinger in die paai gehad het!  Met ‘n reguit gesig, doodernstig, vertel hy vir ons: “Thabo Mbeki, jou ma se p*&s!”

Ek is glad nie ‘n ekspert met die politiek nie, maar Thabo kon my ook nie beïndruk nie. Sal Zuma regtig ‘n slegter plaasvervanger wees?


0 Responses to “O, die liewe Thabo”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: