12
Sep
09

Gooi weg die sleutels

28 Julie 2008

Ek lees nou net hierdie berig in die Beeld.  ‘n Pa skiet twee rowers met hul eie vuurwapen dood.  Knap gedaan, mnr. Sankar.  Na nóg ‘n slapelose, vreesvolle nag, is ek behoorlik gatvol.  Dit moet die toppunt van genoegdoening wees: om die drol wat dit durf waag om jou huis te betree, met sy eie wapen dood te skiet.  Daardie wapen sou heel waarskynlik, as dinge nie anders verloop het nie, die dood van jou en jou vrou en jou kind beteken het.

Maar wat my behoorlik briesend het, is die polisiewoordvoerder, Kaptein Rhalidzhivda, wat die publiek maan om seker te maak dat hul hekke en deure ten alle tye gesluit is. Ek kan hom seker nie verkwalik nie, dis hoe die lewe vandag is, maar dit onderstreep net weer die feit dat ons, wetsgehoorsame burgers, donnerse gevangenes is in hierdie land.  Daar is nie ‘n waarskuwing gerig aan misdadigers dat hulle nie by mense se hekke en deure moet inloop nie.  Nee, hulle run die show mos.  Die oorlog teen misdaad het ons verloor.  Dis wat ek hierin lees.


0 Responses to “Gooi weg die sleutels”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: