12
Sep
09

Dankie, Facebook

6 Julie 2008

My hoërskooljare het ek in die koshuis op die Vrystaatse platteland deurgebring. My ouers het in Bloemfontein gebly, maar dit was my pa se ou skool, en ons moes in sy voetspore volg. Ek was/is nie spyt nie. Met al die normale ups en downs van skool en puberteit, was dit een van die idillieste tye in my lewe. Vandag nog dink ek aan my koshuisdae. Van die fyner detail het ek al vergeet, maar ek het nooit my beste vriendin, E, vergeet nie.

Haar ouers het aan die einde van ons st. 8 jaar na Oos Londen getrek, en sy is saam.  Die volgende jaar het ek met die trein een vakansie vir haar gaan kuier, maar daarna het ons kontak verloor.  Onlangs nog het ek haar naam geGoogle. Sy was immers beeldskoon, ‘n regte klein Brooke Shields-look-alike, en ‘n jaar of wat later het sy ‘n Sarie skoonheidskompetisie gewen.  Boon-op was sy slim. Regtig slim. En baie talentvol. Sy kon sing, klavier speel en die mooiste opstelle skryf.  Ek was seker dat ek haar naam op Google sou kry, maar ek kon nooit nie.

Vandag, na ‘n klein honeymoontjie, skakel ek weer die rekenaar aan. Daar is ‘n mail van Facebook. Ek en Facebook is nie juis maaikies nie: die mense invite, ek accept, en dis waar dit stop. Maar hierdie keer was daar ‘n boodskap saam met die invite.  “Ek weet nie of dit jy is nie, maar ek dink ons was vriende as kinders op skool.” Ja, dis van my ou, ou roomie, E. Maar sy woon nou in Amerika, en haar naam is nou C. Ek sou haar nooit op Google kry nie!

Snaaks hoe 20+ jaar gelede skielik soos gister kan voel.  Ek onthou ons drome en ideale.  Ek wonder hoeveel het vir haar waar geword?  Is sy ooit getroud? Het sy ooit kinders gehad?  Het sy sukses in haar modelwerk gehad, en het sy ooit aktrise geword?  Ek kan nie wag dat sy weer van haar laat hoor nie.  Daar is soveel jare tussen ons wat ingehaal moet word.

Ek het nuwe waardering vir Facebook.  Ek weet nog steeds nie hoe dit regtig werk nie, maar as dit die skakel met my verlede kan wees, is dit gaaf.  Twintig jaar gelede sou E net ‘n herinnering gewees het, maar vandag kan ons weer kommunikeer, gedagtes uitruil, mekaar van voor af leer ken.  Dis waar wat Bono gesê het:  internet (en AIDS) gaan die grootste rolspelers van die nuwe eeu wees.  Klink vir my orraait!


0 Responses to “Dankie, Facebook”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: