06
Sep
09

Koebaai SABC

6 Junie 2008

Saterdag word my Dstv skottel geïnstalleer. Ek kan nie wag nie.  Ek het in drie weke genoeg gehad van die SABC-kanale. En ek kyk nie eens so baie televisie nie.

7DE LAAN:  Ek sal dit nie oorleef as ek vir nog ‘n week of twee in Isabelle se tranerige ogies moet vaskyk nie. Kan hulle nie nou asseblief plan maak om die verlore baba op te spoor nie? Dis die skoonma! Gaan soek haar net!

DIE NUUS:  Behalwe dat alles net SLEGTE nuus is, irriteer dit my grensloos as die verslaggewers skaars Engels of Afrikaans magtig is, maar aanhou sal hulle aanhou.

ADVERTENSIES:  is hardlywigheid ‘n nasionale probleem? Ek kan nie GLO hoeveel advertensies daar is om jou ‘regular’ te hou nie.  Van jogurt tot tee tot cereal.  Ag nee. En dan sit ek met my bordjie kos op my skoot en luister hoe ‘n antie vir jou vertel dat jy net 14 dae nodig het om lekker te poef. Yuk.

En die siel van die Pantene advertensies uitgedink het, moet geskiet word at dawn.  Ek gebruik Pantene, en my hare hang NIE in so glimmende waterval om my kop nie.

Die groot voordeel van Dstv, is dat jy kan channel hopping doen sodra die advertensies opkom.  En die flieks het geen advertensiebreke nie.

En dan, my all time favourite: BRAINBOX:  jinne, mense, het ek toe nou ook sowaar eenkeer daarvoor geval! Die meisietjie gaan so opgewonde te kere dat IEMAND tog net moet bel om R20 000 te wen. En ek bel in, en ek bel in. Teen so R7.00 per oproep.  Omtrent 7 oproepe later het ek besef hier is iemand wat besig is om BAIE geld te maak, en dis nie ek of enige ander kyker nie.  Gullible ek.

Nee wat, gee my Supersport en KykNet, MNET en Hallmark. SABC sucks!


0 Responses to “Koebaai SABC”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: