06
Sep
09

…psssst…ek’s bang…

9 Junie 2008

Vandag gaan ek en Pieter Tingeling besoek.  Dis ‘n kleuterskool net om die draai van ons, en Pieter het nou meer as een keer verklaar dat hy “by sy maatjies” wil gaan speel.  My hart en siel sidder.  Miskien is ek die een met die probleem, en nie hy nie! Dalk begewe my moed my ook nog…

Ek weet ek hou aan en aan met die storie, maar ek is regtig bang. Bang dat hy vir ewig sielsongelukkig gaan wees, bang dat hy regtig nie gaan cope nie.  Hy is ‘n redelik ongetemde kind.  Regtig nie moeilik nie, maar gewoond om sy gang te gaan en sy ding te doen.  Of hy die dissipline van ‘n juffrou geredelik gaan aanvaar, remains to be seen.   Verder kry mens ma-vaste kinders, en dan kry jy vir Pieter.  Die ultimate in ma-vastheid.

Nogtans, ek het onlangs ook The Bucket List gesien, oor twee terminaal siek mans wat ‘n lysie maak van goed wat hul wil doen voordat hulle ‘die emmer skop’.  Natuurlik laat dit mens ook wonder oor wat op jou eie lysie sou wees.  Dis seker ‘n indikasie van my ouerskap toe ek besef het dat ek geen fancy goed sou wou doen nie, maar dat ek baie sou verander aan die manier hoe ek my kinders grootmaak.  Ek pamper te veel.  Van die oudste tot die jongste word hul opgepas en in hul geringste behoeftes voldoen.  As ek regtig net 6 maande oorgehad het, sou Pieter dadelik in die kleuterskool gewees het.  My twee oudstes sou byvoorbeeld leer stryk en kook en inkopies doen.  Hoekom? Want dis beter om hulle so gou moontlik toegerus te kry om onafhanklik te kan funksioneer.  Want daar gaan NIE altyd ‘n ma wees wat probleempies kan uitstryk nie.

Goed, met The Bucket List in my agterkop, is dit vandag ek en Pieter en Tingeling.  Dink aan my.  (Maar moet dit nie teen my hou as ek uitchicken nie!)


0 Responses to “…psssst…ek’s bang…”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: