05
Sep
09

Operasie Regruk

25 Mei 2008

More is amptelik die begin van my nuwe lewe. Ek het die afgelope week nagte wakker gelê en besin oor wat prioriteit is en wat nie.  Aanvanklik het ek gedink dis hoofsaaklik om Pieter in ‘n skooltjie of iets dergeliks te kry. Die arme kind moet immers nou ernstig leer om te sosialiseer.  Maar mettertyd het ek besef dat wat nou moet gebeur, is die skep van twee identiteite: myne en Pieter s’n.

Hy was twee jaar oud toe ons 29 maande gelede Angola toe is.  Vir daardie tyd was ek sy ma EN enigste speelmaat.  Vandag klop die naelstring tussen ons nog gesond en sterk! Dis tyd dat daardie naelstring geknip word, eens en vir altyd. Oor presies hoe ek dit gaan doen, tas ek nog bietjie in die duister.  Ek weet dit kan nie oornag gedoen word nie.  Dit sal hom heeltemal traumatiseer.

So, ek het gedink om te begin om hom eers aan ‘n maatjie bekend te stel. Daar is juis so ronde seuntjie wat ek hier in die kompleks raakgesien het! Ek wil sy ouers gaan ontmoet en vra of die knapie nie soms bietjie hier kan kom speel nie. (Want Pieter sal definitief nie alleen dáár gaan speel nie!) Later sal dit die ideaal wees as hy tog wel bietjie daar kan gaan speel, sonder my.

Dan, ‘n klein speelgroepie.  Aanvanklik net vir ‘n paar uur ‘n week, maar op die ou einde elke oggend. Dit klink nie na ‘n groot probleem nie, maar glo my, dit is! Op die oomblik stel Pieter nie belang in ander kinders nie. Hy wil by sy ma wees.  Hy weet nie eens wat ‘n dogtertjie is nie!  Hy wil elke oomblik van die dag by my wees, weet waar ek is.

Nog iets wat ek sal moet doen, is om hom uit my bed te skop en in sy eie kamer kry.   Eintlik sal ek moet ophou om hom nog steeds as ‘n ‘babatjie’ te sien, maar as die 4 jarige wat hy is! Meer onafhanklikheid, vir ons altwee.  Dis ‘n goedingeburgerde lewenswyse wat nou radikaal sal moet verander.  Ek sidder, want maklik gaan dit nie wees nie.  Gelukkig het ek nie die druk van ‘n werk wat dinge bemoeilik nie.

Wat my aanbetref, ek wil net weer ‘n lewe hê.  Soms alleen gaan shop.  Saans weer in die bed ‘n boek lees.  Van more gaan ek weer begin stap.  Net vir 20 minute, want enigiets meer gaan my doodmaak! Gesond eet.  Worry oor my hare en vel. Grimering.  Mooi klere koop en dra! Die dae van ‘n mopkop, oorgroot T-shirts, vodde broeke en cheap Crocs is nou h-i-s-t-o-r-y!


0 Responses to “Operasie Regruk”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: