05
Sep
09

Matriekafskeid en ‘n siek kind.

21 Mei 2008

Ek wou eers steen en been kom kla oor my moeilike lewe, maar Rosa en haar matriekafskeidrok het ‘n spanner in die works kom gooi!  Ek HET nog ‘n foto, maar hy is so veilig weggepak, dat dit vir alle praktiese doeleindes WEG is. Regtig!  Ek sou nie skaam gewees het om my rokkie (of lyfie) te wys nie!!

Dit was vir my ‘n alte fraaie rokkie. Appelkooskleur chiffon, en die bostukkie het subtiele strepe op gehad. Daardie aand was net te fantasties.  Ek en ene Alan was ‘n ‘item’, maar my jarelange fantasie-man het my daardie aand skynbaar ook vir die eerste keer raakgesien.  Ai, tog, maar dit was toe te laat…  Binne ‘n paar maande het ek die dorpie se stof van my voete geskud, en hom eers jare later weer gesien – as ‘n getroude vrou!

Terug na my moeilike lewe!  Ek het vinnig oor die naweek huistoe gevlieg. Ek moes bietjie aan my binneste laat werk, maar my klein laatlam het dit op hold gesit toe hy Maandag-oggend begin met erge, erge braking en diarree.  Nou, my klein engeltjie word regtig nooit siek nie.  Hy weet nie van ‘n dokter of medisyne nie. Vir my was dit dus ‘n ontstellende ervaring om daardie besige, ronde mannetjie so stil, bleek en MAER te sien.  Tot Dinsdagmiddag was hy ‘n wasbleek klein spokie wat net gelê het, oogkassies ingesonke en pers in die wit gesiggie.  Die ergste was dat hy met half-oop ogies geslaap het – baie, baie scary.

Vandag kon ek toe uiteindelik myself laat ‘tune’.  Glad nie lekker nie, maar nodig, en my gemoed is baie ligter.

En nou is ek terug in goeie ou SA…vir goed.  Ek moet dalk die titel van my blog verander, want die boendoes is dit seker nie hier nie.  Of dalk.  Ek sal maar nog sien!


0 Responses to “Matriekafskeid en ‘n siek kind.”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: