05
Sep
09

How do I blog thee

3 Junie 2008

Hoe blog julle?

Ek lees baie van internet-verslawing (Wipneus!), en dink ek het dit dalk in die verlede onder lede gehad, maar nou het ek te veel om myself mee besig te hou.  (Orraait, dit, èn die feit dat ek my pad tussen drie kinders moet oopveg as ek ‘n beurt wil hê!)

Voorheen het ek URE voor die rekenaar gesit.  Elke blog onder die son besoek. Sommer elkeen se argiewe ook leeggelees. Nou ag ek myself gelukkig as ek net by 5 blogs per dag kan gaan inloer.  Ek voel al sleg, want dit lyk seker of ek nêrens meer comment nie.  Die waarheid is, dis gouer om NET te lees, en dan na die volgende blog te verkas.

Wat my bring by die comments.  Ek het myself aanvanklik voorgeneem om slegs te comment as ek voel ek kan iets bydra.  Nou, met die vriendskapsbande wat dikker en dikker word, voel dit erg ongeskik.  Amper soos om vir jouself ‘n koppie tee in iemand se huis te maak terwyl hy weg is.  Ordentlikheid eis nou dat ek darem ‘n kruisie maak om te wys ek was daar.  Is dit net ek, of voel ander bloggers ook so?  En as daar  baie is wat ook so voel, sal dit regtig in orde wees om net ‘n ‘X’ te los as bewys van jou ‘besoek’?

En hoe op aarde kom mens deur daardie laaaaang blogroll?? Ek sal nooit as te nimmer deur almal op een dag kan werk nie!  Speel roetine ‘n rol? Ek het ‘n roetine.  Ek begin altyd by Dellie en Eben, my heel eerste blogpelle. Vandaar is dit Dashboard toe na die What’s Hot-lysie.  Soos die dag progress, probeer ek by die meeste blogs uitkom, maar dis haas onmoontlik.

Iemand slim sal seker eendag die psige van ‘n blogger ontleed.  Ek is net verstom oor die werklike vriendskappe wat gesluit word.  Dis regtig  jammer dat ‘n mens ook net soveel ure per dag het om te kan blog.

Steve se laaste Spoegie het my hieroor aan die dink gesit.  Dit voel soos eeue gelede, maar ek het nog nie eens ‘n jaar gelede begin blog nie. (Dink ek!)  Op SSSB het die meeste van ons mekaar ‘ontmoet’. Ek het die afgelope tyd baie min, indien ooit, by SSSB ingegaan, maar ons het goeie tye daar gehad.  Vandag is ek net bly dat ek deel is van ‘n spesiale groep mense wat ek seker nooit gaan ontmoet nie, maar by wie ek  kan leer, lekker voor lag en saam mee kan huil.  C’mon! Grouphug!!


0 Responses to “How do I blog thee”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: