05
Sep
09

Die 7 Nuwe Wonders

28 Mei 2008

‘n Snaakse soekterm wat ek gaan Google het, het my na ‘n interessante plek gelei. The New 7 Wonders of the World In 2007 (op 07/07/07, om meer presies te wees!) is die 7 nuwe wonders van die wêreld aangekondig.  Meer as ‘n 100 miljoen stemme regoor die wêreld, het die wenners bepaal.  Wat vir my interessant is, is dat die Christusbeeld in Rio de Janeiro een van die 7 wonders is. Angola (en Portugal) het ‘n presiese replika, hulle is dus (amper) op die map!

Die nuwe 7 wonders van die wêreld is:

Die Christusbeeld

Die Groot Muur van China

Taj Mahal, Indië

Colosseum, Italië

Chichen Itza, Mexiko

Petra, Jordanië

Machu Picchu, Peru

Van die meeste plekke het ek nog nie eens gehoor nie, alhoewel die foto’s darem bekend lyk! Nou word daar gestem vir die New 7 Wonders of Nature. Onder die top 77 is die Victoria Watervalle (nommer 26) en die Kalahari Woestyn (nommer 68).  Maar…Kapenaars, die Kaap van Goeie Hoop en Tafelberg is ook genomineer, en is darem onder die eerste honderd!  As julle lus voel om Afrika, en meer spesifiek Suid-Afrika, op die ‘map’ te sit, gaan stem gerus.  Ongelukkig moet mens eers registreer, maar dis darem eenmalig en jy mag meer as een keer stem!

Van die sewe wonders van die antieke wêreld, het net die Groot Piramide van Giza die toets van die tyd deurstaan.  Die ander was: die hangende tuine van Babilon, die beeld van Zeus van Olympia, die tempel van Artemis van Epheses, Mausoleum van Maussollos, Hallicarnassus, Colossus van Rhodes en die Ligtoring van Alexandria. (Eish! Selfs die vertaling klink Grieks!)

Bron: Wikipedia

Is die bergie \'n wonder van die natuur??


0 Responses to “Die 7 Nuwe Wonders”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: