05
Sep
09

Deurmekaar

30 Mei 2008

Ek moet erken, met die xenofobiese geweld wat uitgebreek het, het ek vir ‘n wyle welkom gevoel in my land.  Vir ‘n slag is ek nie een van die vyand nie.  Ek is ‘n Suid Afrikaner, en niemand poog om my uit die land te kry nie.  Of ek hul optrede goedkeur of nie, die klipgooiende, skreeuende massas op tv, was vir ‘n slag aan my kant.  Dit was ‘n lekker gevoel.  Vir solank dit gehou het.

Intussen die die premier van KwaZulu Natal gesê dis die ‘onderdrukkers van swart mense’ wat verantwoordelik is vir die xenofobie.  Dit vat nie ‘n rocket scientist om uit te werk wie dit is nie.  Daar is nou dreigemente dat die wittes die volgende groepie is wat ‘uitgewerk’ gaan word.  As dit waar is, wie gaan hulle keer? Nie die regering nie, dis verseker.  ‘n Nice grondwet gaan jou nie beskerm in die middernagtelike ure as die massas met pangas aan jou deur hamer nie.

Ek begin nou dink dat ons voorvaders van hul koppe af was om hul in Afrika te kom vestig.  Afrika is nie vir witmense nie.  Maar nou is ons hier, en dit voel vir my of ons haweloos is.  Ons land wil ons nie hê nie. Of wil hy?  Alles wat ek so tussen die lyne lees, dui daarop dat witmense nie hier welkom is nie. Affirmative Action. Nuwe plek-en straatname.  Kleur-kwotas vir ons (tradisioneel wit) sportspanne.

Is ek ‘n pissie as ek daaraan dink om my goed te vat en te waai?  Seker, maar ek wil nie die noodlot tart nie.  Ek wil nie lank genoeg bly sodat ek my kinders se verminkte liggame in Afrika-grond kan begrawe nie.

Aan die ander kant kan ek nie die tv-nuus in my daaglikse lewe sien nie.  Ek kom nie in die townships nie, dis waar.  Maar stap ek in ‘n winkel in, is dit ‘n glimlaggende swart gesig wat my kom help.  As ek gaan stap, lag die ousies vir Pieter en groet my vriendelik.  Die petroljoggie help my graag en vra waarheen ek oppad is.  Ek sien nie verskuilde agendas nie.  Ek sien mense wat met mense interact.  Saam kla oor hoë kospryse en misdaad.  Saam kindertjies by die kleuterskool gaan aflaai, met dieselfde ideale vir hul kroos.

Watter prentjie is die ware een? Ek weet nie meer nie.


0 Responses to “Deurmekaar”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: