05
Sep
09

Brullend

2 Junie 2008

Ek gaan nou dalk die rede wees hoekom my man summier gefire gaan word. Op die oomblik gee ek nie om nie, maar oor ‘n dag gaan ek hierdie possie dalk bitter berou.  Soos reeds genoem, nou gee ek nie ‘n duit om nie. Nou wens ek dat een van die grootkoppe van…durf ek dit noem…CCBL,  hier lees. En verstik.  En kwaad word.  En ‘n tantrum gooi.  Want dis wat ek vandag gedoen het.

Vir die afgelope jaar word daar speletjies gespeel met die salarisinbetalings.  Dan word dit die 22ste inbetaal, dan die 10e (van die ‘nuwe’ maand).  Of enige datum tussen-in.  Verlede maand is ons belowe dat die bank in Angola sy ducks nou in ‘n ry het, en dat die salarisse die 22ste van elke maand inbetaal sou word.  Wat beteken dat ons dit teen die 25ste – 26ste in Suid-Afrika sal hê.

Wel, dis vandag 1 Junie, en die geld is NIE inbetaal nie.  Vandag is (weereens) ‘n publieke vakansiedag in Angola, dus moet ons wag tot more voordat enigiemand lig op die situasie kan werp.  Sedert verlede Maandag bel ek die lyne warm, en die belofte was Woensdag of Donderdag het ons geld.  Natuurlik het daardie dae gekom en gegaan, en daar was geen geld in sig nie.  Vrydag, toe tot die mans daarbo begin worry, was dit te laat. Die kokkedoor wat met die salarisse werk, was in Suid-Afrika vir ‘n konferensie.  Nou, my hoop is dat hy iets op die verdomde konferensie geleer het.  Soos, hoe om sy werk te doen. Ordentlik te doen.

Ek het vandag my arme man verskree EN my selfoon teen die muur stukkend gegooi. Ek het gewens ek kon die foon teen sy kop stukkend gooi.  En eintlik is niks sy skuld nie.  Ek is net gefrustreerd omdat hy die naweek kon weggaan, kreef eet en in ‘n hotel gaan slaap.  Dit, terwyl ons hier net kan asem haal.  Te bang om ‘n sent te veel uit te gee, ingeval ons nog twee weke moet wag voor die salarisse inbetaal word.

Swak. Swak. Vir ‘n groot, internasionale maatskappy om nie eens die basics reg te kan doen nie. Shame on you.


0 Responses to “Brullend”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: