04
Sep
09

Miss Landmine

14 mei 2008

ms-landmine-Angola

Ek het op die mees bisarre ding afgekom: Miss Landmine Angola.  ‘n Noorweegse inisiatief om plaaslik, maar ook internasionaal, landmyn-bewusmaking te bevorder. Hul manifesto klink heel goed:

THE MISS LANDMINE MANIFESTO
(in no particular order)

* Female pride and empowerment.

* Disabled pride and empowerment.

* Global and local landmine awareness and information.

* Challenge inferiority and/or guilt complexes that hinder creativity-
historical, cultural, social, personal, African, European.

* Question established concepts of physical perfection.

* Challenge old and ingrown concepts of cultural cooperation.

* Celebrate true beauty.

* Replace the passive term ‘Victim’ with the active term ‘Survivor’

Die kompetisie het nie oral byval gevind nie. Black Looks en Feministe (onder andere) het nie geskroom om hul afkeer uit te spreek nie.  Ek kan ook nie presies my vinger daarop sit nie, maar iets voel ook vir my nie reg nie.  As mens na die kandidate se ‘profiles’ gaan kyk, is die meeste òf werkloos, òf straatverkopers.  Die meeste het hul ongelukke gehad terwyl hulle in die landerye gewerk het. Dus, eintlik arm, eenvoudige vrouens.

Die inisiatief hoop dat:

“Depending on the level of commitment from local authorities, each participant may be assigned as a Miss Landmine representative in her own province, with responsibilities of coordinating and providing information and assistance to other women in the same situation and monitoring ways of empowerment, such as education and specialized health care.”

Uh? Dit klink vir my baie idealisties om te verwag dat die Miss Landmine deelnemers skielik as leiers op die gebied van landmynbewusmaking en ‘networking’ moet ontpop.

Verder weet ek ook nie hoe eties dit is om 18 arm vrouens uit hul ‘village milieu’ te vat en vir ‘n paar weke lank te wine en te dine nie. In beste ontwerpersklere en die duurste hotelle. En dan, nadat die wenner haar 2500 dollar en tegnologies gevorderede prostese gewen het, gaan hulle terug na cassava en mielies plant of tamaties verkoop op straat.

Ene Kay het op Feministe gecomment:

“But, of course, these women aren’t actually competing as normal women. It’s not a pageant for Miss Angola — it’s Miss Landmine Angola. And it’s not even Miss Amputee Angola, which would at least refer to the woman’s body and not the weapon that injured her.”

Groot dele van Angola is nog onder landmyne. Daar is baie landmyn ’survivors’ wat as armes en bedelaars lewe. Daar is skynbaar min hulp van regeringskant vir hulle. Ek is heeltemal ten gunste hulp aan hierdie arme mense, maar of 18 vrouens se sprokiestyd dit gaan doen, betwyfel ek sterk.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: