04
Sep
09

Kan dit waar wees?

9 Mei 2008

Dinsdag het een van my man se kollegas teruggekeer van sy vakansie in Suid Afrika.  Die gewoonlik stil en teruggetrokke man het ‘n nuwe sprankel in sy oë.  ‘n Rustigheid wat hy nie voorheen gehad het nie.  Die rede? Hy het ‘n ‘clairvoyant’ gaan sien.

Volgens hom het sy net sy naam en geboortedatum gevra. Hy het haar geen ander inligting gegee nie.  Die akkuraatheid van haar ‘waarnemings’ gee my koue rillings.  Sy weet dat ‘n twee keer getroud was, twee kinders het, en van hulle mediese probleme.  Sy weet dat hy in Angola werk.  Ook dat hy een van ‘n tweeling was.

Haar voorspellings oor sy toekoms het hom baie gerustheid gegee.  Hy gaan ‘n suksesvolle besigheid hê.  Sy kinders gaan suksesvol wees.  Hyself gaan lank lewe.  Geen onmiddellike probleme nie.  Sy oorlede broer en oupa het met hom, deur haar, ‘gepraat’.  Ook daar het sy nie nonsens gepraat nie.  Die oupa het hom gevra hoekom hy nie ‘n ring wat hy van sy oupa gekry het, dra nie.  Sy broer het met groot akkuraatheid van sy ongeluk vertel.  Nie goed wat sy sommer kon uitgedink het nie.

Ek sal my nie gewoonlik aan sulke dinge steur nie.  Wat my nou kwel, is dat sy die volgende voorspelling ook gemaak het:  een van sy kollegas (en ‘n vriend) gaan doodgaan en hy gaan lank daaroor rou.  En wie is sy grootste vriend hier?? My man.  Nou kan ek dit nie help nie:  ek is op hete kole daaroor.  (Bygesê, sy ander pelle ook! )

Ek weet nie hoe ek hieroor moet voel nie.  Ek weet meeste mense sê dis sonde, maar nog steeds.  Dis ontstellend om te dink dat ek oor ‘n paar maande wil teruggaan SA toe, maar dat my man dalk…  Nee, dis net te erg om aan te dink.

Wat weet julle van waarsêers en wat dink julle daarvan?


0 Responses to “Kan dit waar wees?”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: