03
Sep
09

Tuine, tuiniers, bossies en Affirmative Action

25 Maart 2008

Jaco, ek het jou motto myne gemaak.

Remember that the most difficult tasks are consummated, not by a single burst of energy or effort, but by the constant daily application of the best you have within you.

Dit werk vir my, maar hoe kry ek die tuiniers so ver om dit òòk hul leuse te maak?  :roll:

Vandag het ek en die baas ‘n ‘walkabout’ gehad deur die kompleks.  Dit was ek wat verlede Donderdag die voorstel gemaak het dat hy bietjie sien wat ons sover uitgerig het.  Vanoggend sien ek die hele kompleks toe deur sy oë.  Ai tog.  Daar is BAIE werk.  Skielik lyk dit nie of ons enigiets verrig het nie.  Nie dat hy gekla het nie.  Net taktvol voorstelle hier en daar gemaak.  Maar dit was ‘n goeie ondervinding.  Nou is ek weer op my tone.  Gelukkig was my vier kamerade kliphard besig om te skoffel toe hy op hulle afkom!

Verlede week het van die big chiefs in ons lapa kom eet.  Daarna het ek gehoor hulle is tevrede met hoe die tuine nou lyk.  Ek was verbaas dat hulle enigsins iets gesê het, maar het later gehoor van die politiek rondom my aanstelling.  Elizabeth, wat voorheen die tuine gedoen het, is Angolees (durf ek sê swart?) en het blykbaar konneksies êrens hoog op.  Skynbaar was dit ‘n storie om my in charge van die tuine te kry.  Die feit dat die tuine nou beter lyk as toe sy die septer hier geswaai het, maak blykbaar die grootbase gerus.  Ek het selfs aangebied om die tuine by die fabriek te doen, maar die baas het vasgeskop.  Dit sal blykbaar groot politieke onrus veroorsaak.

Wat my laat wonder.  Is dit affirmative action of wat?  Hoekom word iemand toegelaat om ‘n werk te doen as hy/sy duidelik nie daartoe in staat is nie/geen belangstelling daarin toon nie? Net ter wille van vrede. Want soos ek verstaan, is die tuine by die fabriek nie die helfte so groot soos by die kompleks nie, en lyk tien keer erger.  Aan die een kant frustreer dit my.  Almal hamer op bespraring, besparing.  Ek word mos klaar betaal deur die maatskappy. Om net twee ekstra tuiniers aan te stel, eerder as om Elizabeth ‘n klein fortuin te betaal vir werk wat in elk geval nie gedoen word nie, gaan mos ‘n moerse besparing wees?

Verder is die ‘upliftment’ van die Angolese ‘n belangrike mikpunt.  Hoe ‘uplift’ jy iemand as jy hom niks leer nie? Sal Elizabeth nie leer dat jy nie geld kry as jy nie werk nie? Mens word, myns insiens, nie ge-’uplift’ as jy geld kry vir niks nie. Maar nou ja.  Ek is net ‘n ‘attachment’ hier, nie die chief nie.

Nog ‘n eerste was ‘n uitval wat ek met Paulo (die hans tuinier) gehad het.  Na die tweede keer dat hy my opdragte ignoreer en sy eie ding doen, het ek hom Donderdag huistoe gestuur.  Gister het ek ‘n tolk gekry wat aan hom die volgende uitgespel het: jy doen wat ek sê, of jy waai. Ek het nie daarvan gehou nie.  Hy is ‘n grootmens, en ek wil nie ‘n grootmens dreig nie.  Maar dit lyk my asof ek soms die sweep moet klap.  Eish.

Verder is ek ernstig besig om navorsing te doen oor die voordele van onkruid.  Enigiets wat so gou en so welig groei, moet vir die mensdom van nut kan wees.  Ek tas nog in die donker rond. Die enigste voordeel wat ek kan sien, is dat bossies uittrek,  uitstekende oefening vir boude en bene is. Enige voorstelle?


0 Responses to “Tuine, tuiniers, bossies en Affirmative Action”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: