03
Sep
09

Super Hero

13 April 2008

Toe ek klein-klein was, het my ma vir my ‘n rok met rosiemateriaal gemaak of gekoop. Vir my was dit appeltjies, en nie rosies nie.  My appeltjierok het ek dag en nag gedra, wat blykbaar groot onstuimigheid veroorsaak het tussen my en my ma.  Ek het die appeltjierok gedra tot hy letterlik van my afgeval het.

Ek het nou klein bietjie simpatie met my ma.  Ek het nou ‘n Super Hero in die huis.  In ‘n mal oomblik het ek vir Pieter ‘n Superman-outfit gekoop, en vir die afgelope vier dae (en nagte) is dat AL wat hy dra.  En nee, hy is nie Spiderman of Batman of Superman nie. Hy is Super Hero.

Behalwe vir die obsessie met sy nuwe voorkoms, spring en ‘vlieg’ hy die hele dag. En “Ma, I’ll save you!”. Kort-kort moet mens sy muscles voel, en eergister moes ek hom oortuig dat hy nie van die balkon af kan vlieg nie.

Aanvanklik het ek oë toegeknyp vir die R200 wat ek vir die vlieënde wonderuitrusting moes betaal, maar nou besef ek dis baie ekonomies.  Dit dien as dagdrag (elke dag) en pajamas (elke nag).  Waaroor het my ma destyds gekla?

superhero

Super Hero maak reg om op te styg


0 Responses to “Super Hero”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: