03
Sep
09

Speelmaats in ‘n Amerikaanse harem

2 April 2008

Ek kyk The Girls of the Playboy Mansion redelik gereeld.  Ek sal nou nie ‘n ‘reminder’ stel daarvoor nie, maar as ek sien dis op, dan kyk ek.  Ek het nie ‘n idee hoekom ek dit kyk nie.  ‘Geniet’ is nie die regte woord nie.  Ek dink dis erg grillerig as ‘n ou man in sy tagtigs homself omring met kalerige, jong meisies èn boonop beweer dat hy sonder Viagra kan funksioneer!  Noem dit eerder ‘fascination’.

Vir die wat nie weet nie (is daar regtig mense wat dit nie kyk nie??) Hugh Heffner het drie ‘girlfriends’: Kendra, die irriterende enetjie, Bridget, ‘n regte sweetie, en Holly, Hef se gunsteling.  Die drie bly saam met hom in sy mansion en kompeteer vir sy aandag.  Soos dit in ‘n regte harem gaan, is die verhouding tussen die meisies eintlik belangriker as hul verhouding met Hef. Ek het nog nie gesien dat die drie ooit regtig vasgesit het nie, maar ek is nie so getroue aanhanger dat ek elke liewe episode al gesien het nie.  En ek glo erge katgevegte sou seker uitgesny word.

Die meisies word nie toegelaat om verhoudings met ander mans te hê nie.  Nes in ‘n regte, outydse harem!  Sultan Hef skuifel-skuifel af en toe op die toneel in sy sy-pajamas en slippers, en ek kan nie dink dat die meisies regtig seksueel aangetrokke voel tot so ou, insipid man nie.  Nogtans lyk dit of Holly regtig gevoelens het vir die ou fossiel, en sy het ‘n paar keer gesinspeel dat sy graag met hom sou wou trou. (Heff lyk glad nie geïnteresseerd nie!)  Kendra, ‘n leëkoppie met ‘n regte non-in-’n-wortelland-laggie, lyk nie of sy enige sterk gevoelens vir Hef het nie.  Dis meer ‘n kwessie van verdraagsaamheid.  En hoekom sou sy hom nie verdra nie?  Hy is immers ‘n baie, baie ryk man en haar lewenstyl (materialisties gesproke) is baie beter terwyl sy by hom bly.  Bridget is vir my ‘n dierbare ding.  Die ironie is dat sy nie dom is nie.  Diè meisie het ‘n meestersgraad in sielkunde! :roll:

Aan die een kant is dit vir my ondenkbaar dat die meisies hulle jong lewens opoffer om by ‘n ou man te bly.  As Hef ‘n armgat straatveër was, sou hy sekerlik nie ‘n harem gehad het nie.  Aan die ander kant is die gesegde ‘geld wat stom is, maak reg wat krom is’.  Maar ek weet nie so mooi nie.  Nie al die geld in die wêreld sou Hef se krommigheid  vir my kon reg maak nie.  A nee a! Siesa!

NS. Lees wat hierdie blogger oor hulle sê.  Interessant hoe elkeen hulle eie gunstelinge het!


0 Responses to “Speelmaats in ‘n Amerikaanse harem”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: