03
Sep
09

Poskantoor-dinge

15 April 2008

Gister is ek Poskantoor toe om pakkies te gaan oplaai.  Het nogal erg uitgesien daarna, want pakkies kry ek nie gereeld nie!  Ek het hulle aangedurf tydens loadshedding, en was aangenaam verras om hulle wel oop te kry.  My goeie gevoel oor die Posdiens het ‘n vinnige dood gesterf toe die blonde antie oor haar bril vir my loer, die slippies weer oor die counter na my toe skuif en matter-of-factly verklaar dat die kluis te donker is om die pakkies te gaan soek.  Hellllooooo?? Het julle nog nie van torches gehoor nie, vroutjie? Nee, seg sy, die Poskantoor wil dit nie voorsien nie. Ek was sommer lus en ry Spar toe om ‘n R10 flits vir haar te koop. Wat is die punt om oop te wees tydens loadshedding maar jy kan nie die publiek help nie?

Maar wat ek eintlik wou vertel, is dit. Toe ek en Piet by die Poskantoor uitstap, is die parkeerarea verlate.  Ons Poskantoor het ‘n slegte reputasie in die sin dat verskeie mense al daar aangeval is wanneer hulle pos wou gaan uithaal.  Maar, dis helder oordag, die hoofstraat loop vlak by my verby, en aan die oorkant wemel dit van mense en karre by Spar.  Ek het houtgerus gevoel, die kar oopgesluit en Pieter in die kar gehelp.

Die volgende oomblik kom ‘n jongerige swart man na my toe aangestap.  Netjies, skoon klere.  Sy houding nederig, hande vryf-vryf.  Hy kom staan amper bo-op my.  Onmiddellik kon ek voel hoe my nekhare rys, ‘n onrustige gevoel my beetpak.

Hy bedel ook.  Babies by die huis wat ‘cry and cry because they are hungry’.  Hy is vriendelik, sy houding nie agressief nie (behalwe vir die feit dat ek die heeltyd moes retireer om spasie te kry), maar ek het geen simpatie en empatie vir hom in my hart nie.  Net ‘n erg benoude gevoel.  Ek staan met my rug teen die kar.  Vertel hom, ewe vriendelik, dat die krag nou af is en ek eers sal moet geld trek voor ek enigiets vir hom kan koop.  Die ATM by Spar sal nou af wees.  Ek maak vae beloftes dat ek na 12h00, as die krag weer aan is, vir hom iets sal bring. Toe hy uiteindelik eenkant toe staan, maak ek my deur oop, my rug steeds teen die kar.  Toe ek inklim, was sy laaste woorde: “How much money are you going to bring me?”  Met die wegryslag was my gevoel dat ek so pas ‘n noue ontkoming gehad het.  Nou nog voel ek dat, sou ek my rug op hom gedraai het om die kar oop te maak, ‘iets’ sou gebeur het.

Dis net die tweede keer in my lewe dat ek so ‘bad vibe’ oor iemand gekry het.  Die eerste keer was ek reg: my en my ma se handsakke is gesteel.  Ook helder oordag, ook skynbaar ‘normale’  omstandighede.  Toe het ek nie na my ‘gevoel’ geluister nie.

Moet ‘n mens ag slaan op jou voorgevoel?


0 Responses to “Poskantoor-dinge”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: